Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

7. Wie of wat was dan eintlik hierdie lig, hierdie groot gedagte, hierdie heiligste grondidee van alle toekomstige, werklike, mees vrye bestaan? - Dit was onmoontlik iets anders as juis God Self, omdat in God, deur God en vanuit God onmoontlik iets anders as net God Self vir Homself in Sy ewig mees volmaakte bestaan voorgestel het; en sodoende kan hierdie teks ook soos volg lui:

8. In God was die lig, die lig het vir God deur- en omvloei, en God Self was die lig.

Joh. 01,02] Dieselfde was in die begin by God.

9. Indien nou die eerste vers voldoende belig is, en deur elkeen met ‘n bietjie lig maklik begryp kan word, verduidelik die tweede vers hom vanself en bevestig ter getuienis, dat die bogenoemde woord of lig of die groot skeppingsidee nie mettertyd in die oergodwese onstaan het nie, maar saam met God as God Self ewig is en dus nooit enige ontstaanproses gehad het nie, waarom dit dan ook so te sê as ‘n bevestigende getuienis sê: Dieselfde was in die begin of in die oergrond van alle bestaan en alle latere wording as oergrond self by, in en uit God, dit wil sê dit was deur en deur God Self.

Joh. 01,03] Alle dinge is deur dieselfde gemaak, en sonder dieselfde is niks gemaak nie wat gemaak is.

10. In hierdie vers word net weer so te sê tasbaar bevestig, wat daar in die eerste vers as die ‘woord’ of die ‘lig’ in die oergrond van alle bestaan en wording ten volle teenwoordig, maar nog nie as reeds uitgeplaas bewerkstellig, duidelik daargestel was.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar