Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 2

Joh.01,06] Daar was ‘n mens van God gestuur, met die naam Johannes.

1. Die man wat by die Jordaan boete gepreek het en die bekeerdes met water gedoop het, het Johannes geheet. In daardie man het die gees van die Profeet Elia gewoon, en was juis dieselfde engelsgees, wat vir Luzifer in die oerbegin oorwin het en later op die bekende berg om die liggaam van Moses met juis dieselfde Luzifer geveg het (d.w.s. die Aartsengel Michael).

Joh.01,07] Hy het as getuie gekom, sodat hy van die lig kon getuig, sodat hulle almal deur hom geglo het.

2. Hy het as ‘n ou en ‘n nuwe getuie van bo gekom, dit beteken vanaf die oerlig as lig, sodat hy van die oerlig kon getuig, naamlik van die oerbestaan van God, wat nou Self in ‘n volgelyke mensevorm vlees aangeneem het en na Sy mense, wat uit Hom onstaan het, gekom het, om vir hulle in hulle nag opnuut te verlig en vir hulle sodoende aan Sy oerlig weer terug te gee.

Joh.01,08] Hy was nie die lig self nie, maar het net van die lig getuig.

3. Daardie man was natuurlik nie die eintlike oerlig self nie, maar soos alle ander wesens net ‘n deel-lig uit die oerlig. Maar dit was vir hom gegee, om deur sy oorwegende nederigheid, in verbond met die oerlig te bly.

4. Aangesien hy in ‘n aanhoudende verbond met die oerlig gestaan het, en dit wel van sy eie lig onderskei het - aangesien hy ook uit die oerlig voortgegaan het, maar nogtans nie die oerlig, maar net ‘n deel-lig daarvan was, sodat hy die oerlig kon erken en ‘n regte getuienis daarvoor kon gee -, het hy dan ook ‘n volgeldige getuienis van die oerlig gegee en het daardeur so veel van die regte lig in die harte van die mense opgewek, dat hulle dan, alhoewel in die begin net baie swak, maar mettertyd tog sterker en meer duidelik kon herken, dat die oerlig, wat nou in vlees gehul was, nogtans dieselfde is, aan wie alle wesens en mense hulle selfstandige bestaan te danke het en dit as selfstandig vir ewig kan behou, as hulle dit wil.

Joh.01,09] Dit was die waaragtige lig, wat alle mense verlig, wat in hierdie wêreld kom.

5. Nie die getuie nie, maar sy getuienis en Hy van wie hy getuig het, was die regte oerlig, wat van die oerbegin aan alle mense, wat in hierdie wêreld kom, verlig en verlewendig het en nou nog steeds meer verlewendig en verlig; daarom sê dit ook in die 9de vers, dat dit juis die’ ware en regte lig is en was, wat alle mense in die oerbegin tot ‘n vrye bestaan geskep het en nou gekom het, om vir hulle in alle volheid te verlig en om hulle weer gelyk aan Homself te stel.

Joh.01,10] Dit was in die wêreld, en die wêreld is daardeur gemaak; maar die wêreld het dit nie erken nie.

6. Hoe dit moontlik was dat die oerlig van hierdie wêreld, d.w.s deur die nagtelike mense, wat in al hulle bestaan vanuit My, of wat dieselfde is, uit die oerlig (woord) voortgegaan het, ten spyte van al die voorbodes en verkondigers van My aankoms, misken kon word, is reeds in die 5de vers duidelik uiteengesit; daar moet net nog ‘n besondere melding van gemaak word, dat hier onder wêreld nie die aarde as ‘n draer van geoordeelde siele, wat die eintlike materie vorm, verstaan moet word nie, maar bloot net die mense, wat wel gedeeltelik uit hierdie materie geneem is, maar as eenmaal vrygestelde wesens nie meer tot hierdie oergeoordeelde sielsmaterie mag behoort nie; want watter vereiste sou dit tog nie wees nie, as Ek van ‘n klip wat nog in die diepste oordeel lê, sou verwag dat dit vir My moet erken? Dit kan net van ‘n siel wat vry geword het en My gees in haar dra, vol regtelik vereis word.

Joh.01,11] Hy het in sy eiendom gekom; en sy eie het hom nie aangeneem nie.

7. Dus nie die aarde, soos hierbo genoem, maar net die mense volgens hulle siel-geestelike waarde, moet hier as die eintlike eiendom van die Here beskou word, en daarom ook eiendom genoem word, omdat hulle as sulks self ‘n oerlig uit My ewige oerlig is en sodoende met My oergrondwese as een bymekaar val.

8. Maar aangesien hulle in juis daardie wese, wat hom in hulle as die hoogheidsgevoel uitspreek, verswak het, op grond van watter swakheid Ek ook na hulle as My eiendom gekom het en nog steeds voortaan kom, het hulle nie vir My, nóg hulleself en ook nie hulle hoogs eie oergrondbestaan erken nie, wat daar nooit vernietig kan word nie, omdat dit in die grond van gronde My wese is.

Joh.01,12] Almal wat Hom aangeneem het en aan Sy naam glo, het Hy die mag gegee om kinders van God te word,

9. Dit is so goed soos vanselfsprekend, dat by almal wat nie vir My aangeneem het nie of nie herken het nie, die oerorde versteur gebly het en met daardie versteuring ‘n lydende toestand, die sogenaamde ‘euwel’ of die ‘sonde’ gebly het; terwyl baie ander egter, wat vir My aangeneem het, dit beteken diegene wat vir My in hulle harte herken het, daardie euwel noodwendig moes verdwyn, aangesien hulle saam met My as die oerorde en oermag van alle bestaan verenig het, en vir hulleself en My oerlig soos dit vir hulle in hulle gegee was en gevolglik die ewige, onvernietigbare lewe, daarin gevind het.

10. In sodanige lewe het hulle ook gevind, dat hulle daardeur noodwendig nie net My skepsels, soos wat dit uit hulle lae lewensgevoel na vore kom, is nie, maar, omdat hulle Myself, wat net deur My wilsmag vry buite Myself uitgeplaas was, in hulle berg, onfeilbaar My hoogs eie kinders is, aangesien hulle lig (hulle geloof) gelykstaande is aan My hoogs eie oerlig en derhalwe in hulleself die volle mag en krag het, wat in Myself is, en vanuit sodanige mag ook die volste reg het, om nie net My kind genoem te word nie, maar dit ook in alle volheid is!

11. Want die geloof is juis daardie lig, en My naam, aan wie die magtige strale van hierdie lig gerig is, is die krag en die mag en die eintlike wese van My oerbestaan, waardeur elkeen in homself die volregtelike en volgeldige kindskap van God bewerkstellig. Daarom dit dan ook in die 12de vers sê, dat almal, wat vir My aanneem en aan My naam sal glo, die mag in hulle sal hê, om volregtelik ‘kinders van God’ genoem te word!

Joh.01,13] sonder dat hulle deur die bloed nóg deur die wil van die vlees, nóg deur die wil van ‘n man nie, maar deur God gebore is.

12. Hierdie vers is niks anders as ‘n nadere bepaling en verduideliking van die vroeëre vers, en daar kon in ‘n meer samehangende taal die twee verse langsmekaar soos volg lees: Maar hulle wat Hom aangeneem het en aan Sy naam glo, vir hulle het Hy die mag gegee, om ‘kinders van God’ genoem te word, wat nie deur die bloed, nóg deur die wil van die vlees (begeerte van die vlees), nóg deur die wil van ‘n man, maar deur God gebore is.

13. Dit is vanselfsprekend, dat hier nie van die eerste geboorte naamlik vlees uit die vlees nie, maar bloot net van ‘n tweede geboorte uit die gees van die liefde vir God en uit die waarheid van die lewendige geloof aan die lewendige naam van God, wat daar heet Jesus-Jehova-Zebaoth, sprake kan wees, waar die’ tweede geboorte ook goed gedefinieer ‘die wedergeboorte van die gees deur die doop vanuit die hemel’ genoem word.

14. Maar die ‘doop uit die hemel’ is die volle oorgang van die gees en die siel saam met al haar begeertes, na die lewendige gees van die liefde vir God en die liefde in God Self.

15. As sodanige oorgang eers eenmaal uit die mens se vryste wil geskied het en alle liefde van die mens hom nou in God bevind, dan bevind ook deur sulke heilige liefde die hele mens hom in God en word daar in tyd na ‘n nuwe wese omvorm, versterk en gesterk en dus na die bereiking van die regte volrypheid deur God wedergebore; na sodanige tweede geboorte, wat nóg deur die begeerte van die vlees, nóg deur die man se voortplantingsdrang voorafgegaan word, is die mens eers ‘n ware kind van God, wat hy deur die genade, wat daar ‘n vrye mag deur die liefde vir God in die hart van die mens is, geword het.

16. Daardie genade is dan ook juis die magtige trek van God in die gees van die mens, waardeur hy, die seun wat na die Vader getrek is, dit beteken na die goddelike oerlig, of wat dieselfde is, by die regte en lewendige magtige wysheid in God kan uitkom.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar