Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Joh.01,12] Almal wat Hom aangeneem het en aan Sy naam glo, het Hy die mag gegee om kinders van God te word,

9. Dit is so goed soos vanselfsprekend, dat by almal wat nie vir My aangeneem het nie of nie herken het nie, die oerorde versteur gebly het en met daardie versteuring ‘n lydende toestand, die sogenaamde ‘euwel’ of die ‘sonde’ gebly het; terwyl baie ander egter, wat vir My aangeneem het, dit beteken diegene wat vir My in hulle harte herken het, daardie euwel noodwendig moes verdwyn, aangesien hulle saam met My as die oerorde en oermag van alle bestaan verenig het, en vir hulleself en My oerlig soos dit vir hulle in hulle gegee was en gevolglik die ewige, onvernietigbare lewe, daarin gevind het.

10. In sodanige lewe het hulle ook gevind, dat hulle daardeur noodwendig nie net My skepsels, soos wat dit uit hulle lae lewensgevoel na vore kom, is nie, maar, omdat hulle Myself, wat net deur My wilsmag vry buite Myself uitgeplaas was, in hulle berg, onfeilbaar My hoogs eie kinders is, aangesien hulle lig (hulle geloof) gelykstaande is aan My hoogs eie oerlig en derhalwe in hulleself die volle mag en krag het, wat in Myself is, en vanuit sodanige mag ook die volste reg het, om nie net My kind genoem te word nie, maar dit ook in alle volheid is!

11. Want die geloof is juis daardie lig, en My naam, aan wie die magtige strale van hierdie lig gerig is, is die krag en die mag en die eintlike wese van My oerbestaan, waardeur elkeen in homself die volregtelike en volgeldige kindskap van God bewerkstellig. Daarom dit dan ook in die 12de vers sê, dat almal, wat vir My aanneem en aan My naam sal glo, die mag in hulle sal hê, om volregtelik ‘kinders van God’ genoem te word!

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar