Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 209 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 209

1. Maar Petrus kom na My toe en sê heel in die geheim: “Here, het die Vader se gees in Jou sodanig onttrek, dat Jy nou nie in staat is, om hierdie storm baas te raak nie? Kyk tog, indien dit vir Jou moontlik is, laat hierdie storm stom word!” Sê Ek: “Daar is ‘n wyse rede, waarom hierdie storm, wat nie meer lank sal aanhou nie, moet uitwoed! Maar indien jy enige twyfel het, dan weet, dat daar tien vyandige vaartuie op die meer is, om vir ons te vervolg en om almal van ons uit te wis! Maar hierdie storm doen aan hulle, wat hulle willens was om aan ons te doen; indien so, waarom smeek jy dan vir My en eis, dat Ek hierdie storm wat vir ons tydelike noodwendige heil noodsaaklik is, moet ophef? Laat hom ten volle uitwoed, totdat hy die doel, waarvoor hy daar is, heeltemal verwesenlik, dan sal hy tot ‘n vrolike einde kom! Kyk daar en sê vir My dan, wat die berghoë golwe op hulle woedende rûe, soos stout en moedswillige kinders hulle los speelgoed, heen en weer en op en af slinger!”

2. Petrus bekyk die buite alle mate stormagtige hooggolwende, wye oppervlakte van die meer en sien binnekort verskeie skeepswrakstukke en een skip wat nog nie so erg beskadig is nie en hoe alles, skepe en wrakstukke, deur die magtige golwe soos kaf deurmekaar gegooi word; hy sien ook ‘n paar mense, wat aan enkele wrakstukke vasklou en met hulle laaste kragte probeer om die oewer te bereik, maar voortdurend van die een golf tot die volgende begrawe word en van tyd tot tyd weer die hoogte in geslinger word.

3. Toe Petrus vir ‘n tyd lank sodanige toneel dophou, sê hy vir My: “Here, vergewe my; want Jy weet mos, dat ek nog altyd ‘n sondige mens is en dus vir Jou met ‘n uiters dom vraag lastig kan val; maar nou is alles vir my duidelik! Die bose fariseërs uit Jesaira het hulp uit Jerusalem gekry; tien skepe met Romeinse soldate is toegerus, om ons hier gevange te neem. Hulle moes oor die water hiernatoe kom, omdat hulle nie maklik op land na Kis (die naam van die plek wat in geheel aan Kisjonah behoort het) sou kon kom nie, en toe het hulle die welverdiende loon vir hulle moeite gekry! Maar hulle sal nou niks meer aan ons kan doen nie, en soos ek van die trek van die golwe kan aflei sal die oorlewendes en die wrakstukke na Sibarah gedryf word, waar daar ‘n massa van rots voorkom, waar, by hierdie nooit gehoorde en nooit gesiene woedende storm beswaarlik iemand met die lewe sal wegkom! O, dit is uiters goed, dat hierdie bose, egbreker soort vir ‘n slag aan sodanige oordeel uitgelewer is! Hierdie gebeurtenis sal baie geskik wees, om die fariseërs alle verdere moed te ontneem, om vir hulle teen Jou te verhef!”

4. Sê Ek: “Die Satan laat hom duisend maal duisend keer op die mond slaan, maar bly na duisend maal duisend houe nogtans dieselfde, allerergste vyand van God en van alles wat goed en waar is en uit die gees van God afkomstig is. Hulle wat nou dood op die meer ronddryf sal niks meer aan ons kan doen nie; maar in die plek van hulle sal ander opstaan en vir ons noodsaak, om na die Griekse stede te vlug, en tot dan sal daar nie juis baie weke verby gaan nie!”

5. Sê Petrus: “Here, solank ons hier verwyl, sal ons tog sekerlik in vrede gelaat word?”

6. Sê Ek: “Ja, ja, dit is seker, maar op die aarde woon daar nog baie ander mense en volkere vir wie die evangelie net so nodig is as vir julle, en hulle is deur die Vader geskep, wat ook julle geskep het! Ten spyte van alle vervolging moet ons ook by hulle uitkom en vir hulle die goeie boodskap uit die hemel gee! Hulle sal wel ook vir ons vervolg; maar mettertyd nogtans vir hulle bekeer en as lammers by ons skaapkraal inkom! {mt.24,14; mt.28,19; mk.13,10; mk.16,15; rÖm.10,18; jl.ev07.167,02*; jl.ev08.125,18; jl.ev01.209,06}

Hoofstuk 209 Mobiele weergawe Kommentaar