Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 23 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 23

Joh.03,22] Daarna het Jesus met sy dissipels in die land Judea gekom en het daar sy wese met hulle gehad en het gedoop.

1. Toe die dag nou ten volle aangebreek het, het ons reggemaak en het die Jodeland ingetrek, wat, so te sê tot Jerusalem behoort het, en rondom Jerusalem geleë was, soos in hierdie tyd ‘n kring om sy kringstad. Binne etlike dae kon ‘n mens baie maklik die hele land deurkruis.

2. Nou, wat het Ek dan in daardie land gedoen? Die vers sê, dat Ek met hulle My wese gehad het en dan gedoop het; die vraag onstaan hier wie nou eintlik met ‘hulle’ bedoel word, en waarin die wese bestaan, wat Ek met hulle gehad het. Onder ‘hulle’ word eerstens die dissipels, wat in Jerusalem weereens met ‘n paar koppe vermeerder het, verstaan, en dan ook almal van hulle, wat aan My leerstellings ‘n gelowige aandeel geneem het.

3. Maar almal wat met ‘n volle geloof My leerstellings aangeneem het, was deur My openlik met water gedoop, maar in die geheim met die gees van My ewige liefde en wysheid gedoop, en het daardeur die mag verkry, om ‘Kinders van God” genoem te word. Daaruit het dus die wese bestaan, wat Ek met hulle gehad het. Die leerstellings en wat Ek gedoen het, is gedeeltelik deur die ander drie Evangelie-Skrywers opgeteken en hoef nie weer hier genoem te word nie; dit het ook hoofsaaklik uit niks anders as die daarstelling van alle growwe gebreke, waarmee die Jode en fariseërs belas was, en uit die aanprysing van die liefde vir God en die naaste, bestaan.

4. Ek het vir eers al die gebreke daargestel, het die sondaars ernstig tot boetedoening vermaan, het almal wat My boodskap aangeneem het, voor die terugval na die suurdeeg van die fariseërs gewaarsku en het vir daardie mees materialistiese tyd ter bekragtiging van My sagste boodskap wonderbaarlike tekens verrig, het baie siekes genees, het die besetenes van die onrein geeste gereinig en het aanhoudend meer dissipels aangeneem.

Joh.03,23] Maar Johannes het nog in Enon, naby Salim gedoop, want daar was nog baie water; en hulle het gekom en het vir hulle laat doop.

Joh.03,24] Want Johannes was nog nie in die gevangenes gegooi nie.

5. Gedurende hierdie My trek deur die Joodse land het Ek dan ook in die nabyheid, waar Johannes in die klein woestyn by Enon in die nabyheid van Salim gedoop het, omdat hy daar die water gehad het, terwyl in die omgewing van Bethabara die Jordaan net baie min water gehad het, en die bietjie water wat nog daar was, troebel, modderig en vol van stinkende wurms was. Dit is dus hoekom Johannes sy plek gewissel het, het nou sy skerp boetepreke by Enon gehou en het ook daar die mense, wat sy lering aangeneem en opregte boete gedoen het, gedoop.

6. Maar daar was ook baie onder hulle, wat reeds My boodskap aangeneem het, maar nog nie vantevore deur Johannes gedoop was nie. Hulle het vir My gevra, of dit nodig is, om hulle eers deur Johannes te laat doop. En Ek het vir hulle gesê: “Daar is net een ding wat saak maak, en dit is die daadwerklike nakoming van My boodskap! Wie vir hom vooraf deur Johannes wil laat reinig, vir solank hy nog vrylik sy werke verrig, vir hom sal sodanige reiniging goed wees.” Op grond van sodanige My toespraak het baie gegaan en het vir hulle deur Johannes laat doop.

Joh.03,25] Toe het daar ‘n vraag onder die dissipels van Johannes en die Jode oor die reiniging onstaan.

7. Toe het daar binnekort ‘n strydvraag oor die reiniging deur Johannes en oor My eie doop ontstaan; want die dissipels van Johannes het nie begryp, hoekom ook Ek met water gedoop het, aangesien hulle van hom die getuienis gehoor het, waarvolgens Ek nie met water nie, maar met die heilige gees sal doop. Baie Jode, wat nou reeds My dissipels was, het beweer en gesê: My doop sou ‘n ware doop wees; want alhoewel Ek met water doop soos Johannes, is My doop die alleen geldige een, aangesien Ek nie net met die water van die natuur, maar ook gelyktydig met die water van die gees van God doop en vir die gedoopte die duidelik sigbare mag sou gee, om ‘Kinders van God’ genoem te word!

Joh.03,26] En hulle het na Johannes toe gekom en het vir hom gesê: “Meester, hy wat anderkant die Jordaan was, van wie jy die getuienis gegee het, sien, hy doop en elkeen kom na hom toe.”

8. Na sodanige verduideliking het dan eers Johannes se dissipels met die Jode na Johannes toe gegaan en het gesê: “Luister na ons Meester! - Sien, dieselfde Man, wat anderkant die Jordaan by jou was, van wie Jy die getuienis gegee het, dat Hy met die heilige gees sal doop, doop nou ook hier in die nabyheid, net soos jy, met water! Hoe moet ons dit neem en verstaan? Is daardie doper dan Hy, vir wie jy die groot getuienis gegee het?”

Hoofstuk 23 Mobiele weergawe Kommentaar