Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 23 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Toe het daar binnekort ‘n strydvraag oor die reiniging deur Johannes en oor My eie doop ontstaan; want die dissipels van Johannes het nie begryp, hoekom ook Ek met water gedoop het, aangesien hulle van hom die getuienis gehoor het, waarvolgens Ek nie met water nie, maar met die heilige gees sal doop. Baie Jode, wat nou reeds My dissipels was, het beweer en gesê: My doop sou ‘n ware doop wees; want alhoewel Ek met water doop soos Johannes, is My doop die alleen geldige een, aangesien Ek nie net met die water van die natuur, maar ook gelyktydig met die water van die gees van God doop en vir die gedoopte die duidelik sigbare mag sou gee, om ‘Kinders van God’ genoem te word! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 23, Paragraaf 7

Hoofstuk 23 Mobiele weergawe Kommentaar