Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 23 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Joh.03,25] Toe het daar ‘n vraag onder die dissipels van Johannes en die Jode oor die reiniging onstaan.

7. Toe het daar binnekort ‘n strydvraag oor die reiniging deur Johannes en oor My eie doop ontstaan; want die dissipels van Johannes het nie begryp, hoekom ook Ek met water gedoop het, aangesien hulle van hom die getuienis gehoor het, waarvolgens Ek nie met water nie, maar met die heilige gees sal doop. Baie Jode, wat nou reeds My dissipels was, het beweer en gesê: My doop sou ‘n ware doop wees; want alhoewel Ek met water doop soos Johannes, is My doop die alleen geldige een, aangesien Ek nie net met die water van die natuur, maar ook gelyktydig met die water van die gees van God doop en vir die gedoopte die duidelik sigbare mag sou gee, om ‘Kinders van God’ genoem te word!

Joh.03,26] En hulle het na Johannes toe gekom en het vir hom gesê: “Meester, hy wat anderkant die Jordaan was, van wie jy die getuienis gegee het, sien, hy doop en elkeen kom na hom toe.”

8. Na sodanige verduideliking het dan eers Johannes se dissipels met die Jode na Johannes toe gegaan en het gesê: “Luister na ons Meester! - Sien, dieselfde Man, wat anderkant die Jordaan by jou was, van wie Jy die getuienis gegee het, dat Hy met die heilige gees sal doop, doop nou ook hier in die nabyheid, net soos jy, met water! Hoe moet ons dit neem en verstaan? Is daardie doper dan Hy, vir wie jy die groot getuienis gegee het?”

9. Maar Johannes het vir sy dissipels gesê: “Gaan en vra vir Hom: ‘Is dit Jy, wat daar sal kom, of moet ons op iemand anders wag?’ Wat Hy daarop vir julle sal antwoord, onthou dit, en sê dit dan vir my! Daarna sal ek eers vir julle die volle antwoord gee.”

10. Daarop het sommige van die dissipels van Johannes na My toe gekom en het vir My gevra, soos Johannes dit vir hulle aangeraai het. Maar Ek het vir hulle die bekende antwoord gegee, naamlik dat hulle vir Johannes moet sê, wat hulle gesien het, naamlik hoe die blindes siende, die verlamdes weer kan loop, die dowes horende, en hoe vir die armes die evangelie van die ryk van God gepreek word! En goed vir hom, wat nie aan My aanstoot neem nie! - Daarmee het die dissipels weer na Johannes teruggekeer en het vir hom onmiddelik vertel, wat hulle gesien en gehoor het.

Hoofstuk 23 Mobiele weergawe Kommentaar