Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 4

Joh.01,17] Want die wet is deur Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus geword.

1. Dit is die wet, wat vir die eerste lewe gegee moes word, dit wil sê in die begin reeds vir die eerste mense en in die vervolg van die dinge ook deur Moses, wat ook hier in hierdie vers as ‘n verteenwoordiger van die wet aangevoer word. Maar uit die wet kon nie maklik ooit iemand die ware lewensvryheid bereik nie, aangesien die wet ‘n stremming, maar nie ‘n bevordering van die lewe is nie.

2. Deur ‘n positiewe uit die oermag se onveranderlike wil is die eerste skeppingsidees in ‘n afgesonderde, selfstandige bestaan geplaas; wat dus die skeiding en die vorming van die’ deur ruim en tyd beperkte bestaan betref, was dit deur ‘n onveranderbare moet bewerkstellig.

3. Die wese, die mens, aangesien in homself die Godheid Self, of wat een en dieselfde is: die oerbestaan van God Self, net geskei van sy oergrond, maar nogtans daarvan bewus, ten spyte daarvan dat dit in ‘n beperkte vorm en deur ‘n onveranderbare ‘moet’ gehou was. Daardie toestand was egter vir die sodanig geplaasde wese nie aangenaam nie, en sy hoogheidsgevoel het in ‘n geweldige geveg met sy noodwendige beperking en uitplasing gekom.

4. Aangesien in die oereerste ry van wesens die geveg al hoe heftiger geword het, moes die groot grondwet verskerp word en die wesens moes in ‘n tydelike, vaste oordeel geplaas word; daarin het die daarstelling van die materiële, vaste wêreldliggame en die daardeur groter deling van die oerwesens bestaan.

5. In die tweede ry van die wesens verskyn dan die mens in vlees gehul, en staan op die bodem van sy eerste oordeel. Ten spyte van die nou drievoudige skeiding van sy oergrond, het hy nog steeds in homself die oergrond herken en was eiesinnig, hoogmoedig en ongehoorsaam teenoor ‘n maklike wet wat nie meer met ‘moet’, maar met ‘mag nie’ gegee was.

6. Maar omdat hy nie hierdie maklike ‘mag nie’ wou aanvaar nie, was vir hom in plek daarvan ‘n moeiliker en geweldig gesanksioneerde wet gegee en dat die sanksies by nie-nakoming van hierdie tweede ‘mag nie’ stiptelik uitgevoer sal word (bv. die sondvloed!).

7. Na hierdie tugtiging het die Godwese in Melchisedek na die aarde toe gekom en het die mense gelei; maar die’ het binnekort weer begin om te veg en moes deur nuwe wette gebind en na die orde gebring word, sodanig, dat net ‘n masjienagtige beweging wat teen al hulle neigings gerig was, vir hulle oorgebly het.

8. Deur die’ wet was dus ‘n wye kloof teweeggebring, waaroor geen gees en geen wese meer ‘n sprong kon maak nie, waardeur dan ook die uitsig en die innerlike bewussyn van ‘n ewige voortduring van die innerlike, so gevormde baie ingeperkte lewe, ‘n baie twyfelagtige vraag geword het.

9. Op sodanige inperking verskyn dan die goddelike oerbestaan in Sy eie oervolheid, en dit in die persoon van Christus.

10. Hier kom dus die oergenade weer terug, neem op Hom alle swakhede van die lewe van die mense en gee dus vir hulle ‘n nuwe genade, ‘n nuwe lewe met vol van die ware lig en wys vir hulle daarin en deur Homself die regte pad en die regte doel van hulle bestaan.

Joh.01,18] Niemand het God ooit gesien nie; die eniggebore Seun, wat in die Vader se skoot is, die’ het dit vir ons verkondig.

11. Nou eers het hulle, wat vir Hom erken het, ‘n ware kennis van God bekom en kon nou vir die eerste keer vir God, wat nog nooit voorheen deur ‘n wese in Sy volheid aanskou kon word nie, langs hom en buite homself aanskou en erken en deur Hom ook homself en die eie mees vrye lewensbestemming.

12. En nou is ook die onoorbrugbare kloof, wat deur die wet teweeggebring was, weer opgehef, en elke mens kon en kan nou altyd uit die juk van die wet tree, indien hy sy ou mens vir die nuwe uit Christus omruil, waarom dit ook sê, dat ‘n mens die ou mens moet uittrek en nuwe moet aantrek, of: wie die ou lewe liefhet, die sal dit verloor; maar wie daarvoor vlug, die sal dit, naamlik as ‘n nuwe een, verkry. Dit is dan die verkondiging uit die skoot van die Vader en die lewendige Evangelie van God.

13. Maar die uitdrukking waar dit sê: “Hy wat in die Vader se skoot is”, sê dieselfde as: Die oerwysheid van God of die eintlike mees innerlike Godwese is in die liefde, net soos die lig in die warmte tuis is, wat oorspronklik uit die magtige warmte van die liefde ontstaan en uiteindelik deur sy bestaan weereens warmte produseer, en dit op sy beurt altyd weer lig. Netso ontstaan uit die liefde, wat gelykstaande is aan die Vader en in die grond van die gronde die Vader Self is, maar wat nie twee, maar ten volle een met Hom, wat daar Vader genoem word, is, net soos die lig en die warmte of die warmte en die lig een is, deurdat die warmte voortdurend die lig en die lig voortdurend die warmte verwek.

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar