Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 56 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Sê die ryk handelaar na ‘n kort rukkie: “Liewe hoë gaste! Daar is niks beter, as om vir die mond net mooi ‘n slot op te sit en so min as moontlik te praat! Want ‘n mens mag nooit, veral voor die hoë persone die allerminste, dit openlik verkondig, wat ‘n mens in die hart dink en voel; want die hoë mense het ‘n baie fyngevoelige vel, wat die skerp hou van die waarheid nie verdra nie. Daarom is dit ook, besonders in die teenwoordigheid van sulke hoë here baie gevaarlik, om met die waarheid ten voorskyn te kom. Want sulke here het iets, wat ‘n mens versoeking noem, en daarvoor moet ‘n mens besonders versigtig wees, nog meer as vir slange, adders en basiliske; want daar is voorbeelde, - ja, baie eienaardige voorbeelde! Elkeen kan dink wat hy wil; in sy optrede moet hy ‘n goeie patriot wees, dan sal hy met alle mense goed oor die weg kom! Maar net so min as moontlik praat; andersins kan ‘n mens met die verskriklike laksmanne op ‘n hoogs onaangename manier in aanraking kom! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 56, Paragraaf 1

Hoofstuk 56 Mobiele weergawe Kommentaar