Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 56 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Gestel iemand, hoe dit net te dikwels gebeur, word deur ‘n slinkse bedrieër met ‘n transaksie om die bos gelei is. Die persoon wat bedrieg is, wat in elk geval baie besittings en geld besit, kom die bedrog nie agter nie en is boonop nog vol van ‘n goeie gesindheid. Maar nou kom daar ‘n vriend van die waarheid, wat die bedrog agtergekom het, en lig die bedriegde persoon in, hoe hy deur die sakeman met ‘n sekere bedrag geld bedrieg is! Eers van daardie oomblik af word die benadeelde persoon ongelukkig, gaan na die regter en gaan ‘n groot onkoste aan, om die bedrieër te tugtig. Het die waarheid iets goeds vir hom gebring?! Nee, dit het toorn en wraak in hom verwek en het vir hom tot nog groter uitgawes van sy fortuin verlei! Maar vir die bedrieër wat geweet het hoe om te lieg, het die waarheid van die verraaier geen skade berokken nie, aangesien die leuen vir hom gehelp het, maar die waarheid het wel die verraaierige vriend van die waarheid vir booswillige kwaadsprekery in die tronk laat beland! Vraag: Watter loon betaal hier die waarheid vir sy vriend?! – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 56, Paragraaf 7

Hoofstuk 56 Mobiele weergawe Kommentaar