Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 57 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 57

1. Sê die handelaar: “Vriend, jy het nou die volle en regte wysheid met my gepraat en vir my gesê, wat ek in my reeds dikwels aangevoel het; maar ek begryp dit nie, waarom jy nou so daarop aandring, dat ek vir julle moet sê, waarvoor ek vir julle in besonder hou. Waarvoor ek vir hom van die begin af gehou het, het jy gesê, dat hy dit nie is nie, maar baie meer! Maar soos ‘n mens, sonder om ‘n God te wees, meer kan wees as ‘n god van die mensdom aards gesien, dit beteken, as ‘n keiser, dit begryp ek nie! Net alleen Jehova is aards en geestelik meer as die aardse god keiser! Maar dit sal hy tog nie wees nie?”

2. Sê Jonael: “Ek sê dit vir jou: Kyk ‘n bietjie meer noukeurig na ons geselskap; dalk sal daar tog vir jou iets opval! Wat sê jy van die baie en heerlike jongelinge, wat jy in ons geselskap sien? Hou hulle dop en praat dan!”

3. Die handelaar sê: “Ek het hulle tot nou toe vir edelseuns van die Keiser en vir seuns van die patrisiërs van Rome gehou, ofskoon hulle volgens hulle fyn en wit vel en kleur eerder vermomde meisies uit Agterkleinasië kon wees. Want waarlik, alhoewel ek baie en besonder mooi dinge gesien het, aangesien ek in vroeëre tye met daardie soort ware in Egipte en Europa handel gedryf het, hoofsaaklik vir die baie hoog geplaasde Romeine in Sisilië wat ‘n besondere voorkeur het vir sodanige prikkeling; maar gestaltes van sodanig onuitspreeklike heerlike voorkoms, het ek nog nooit gesien nie! Sê tog vir my, waarvandaan en wie is hulle! Jou dogters is ook baie heerlik van gestalte! Maar in vergelyking met hulle - ‘n mens kan voeglik sê - stralende gestalte staan hulle tog by verre terug. Indien jy hulle van nader ken, dan sê dit vir my, wie en waarvandaan kom hulle!”

4. Sê Jonael: “Om dit vir jou te sê, kom my nie toe nie, maar net alleen Hom, wat hier te midde van my dogters staan. Wend jou derhalwe aan Hom! Hy sal vir jou die regte uitsluitsel daaroor gee!”

5. Hier het die handelaar hom weer ten volle aan my gewend en gesê: “Here van hierdie skare, wat volgens my mening vir Jou soos lammers vir ‘n herder volg, sê tog vir my, met wie ek die hoë eer het om in jou persoon te praat! Want ek was gevra en het op die hoogste stand op aarde geraai; maar dit was vir my beduie, dat ek vir my misgis het. Nou weet ek nie meer wat om te praat nie; beskou vir my dus as waardig, dat jy vir my iets meer oor jou stand kan vertel!”

6. Sê Ek: “Jy is ook iemand van hulle, wat daar nie glo nie, voordat hulle nie ‘n teken gesien het nie. Maar as hulle dit sien, dan sê hulle: ‘Sien, dit is hetsy ‘n dissipel van die Esseners, of hy is ‘n magiër uit Egipte of selfs uit die land wat deur die rivier Ganges nat gemaak word, of hy is ‘n kneg van Beëlsebub!’ Maar wat kan ‘n mens dan doen? Maar as Ek dit reguit vir jou sê, Wie Ek is, dan sal jy dit nie vir My glo nie!

7. Jy het jou mening uitgespreek, en dit was vlas. Toe Jonael vir jou gesê het, dat Ek meer as jou aardse god is, toe het jy gesê: ‘Net Jehova alleen is groter as ‘n keiser!’ en bewaar vir jou stilswyend voor die aanname, dat ek meer kan wees, as daar die keiser van Rome is, wat jy in die grond bloot net uit vrees vir sy aardse mag as die hoogste op aarde erken, maar in jou hart verag jy vir hom meer as die pes en sy mag meer as ‘n swerm sprinkane.

8. Maar dit is reeds die derde dag, dat Ek in Sichar doenig is, en dit is van hier tot in die stad net ‘n plesierige wandeling op ‘n paar veldpadjies; dit sou vir My baie verbaas, dat jy van jou kollegas in die stad nog geen nuus oor My bekom het nie!”

Hoofstuk 57 Mobiele weergawe Kommentaar