Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 57 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

11. As Jy van jou krag in jou bewus is en dit behoorlik verstaan, om vir jou as sulks te presenteer, staan ek vir jou onmiddelik met my groot rykdom tot beskikking. Die varke uit die heidense lande van die aand sal binnekort die land van ons vaders ontruim! Want sien, ek het al my kragte sedert my jeug daarop spandeer, om vir my vir die koms van die Messias die groots moontlike rykdom te versamel, sodat daarmee ‘n groot mag van die dapperste en mees geharde slim krygers gekoop kan word! Ek het reeds met sommige van die dapperste volkere in Agterasië verbinding opgeneem, en dit sal net ‘n paar boodskappers verg, en binne die tyd van etlike maande staan in hierdie streek ‘n vreesaanjaende mag! Maar nou niks verder meer daarvan nie; in my baie ruim huis sal ons verder daaroor kan onderhandel!”

12. Maar nou sal middagete vir julle almal gereed wees; kom dus almal en eet en drink na hartelus!”

13. Sê Ek: “Nou goed dan, laat dus tot dan ook alles wel en goed wees; alles andere sal ons dan volledig kan bespreek en uitsorteer! Lei ons dus almal na die groot saal. Maar daardie mans daar heel agter, kan jy hier agterlaat; hulle behoort nie tot My volgelinge nie, maar bloot net aan die wêreld!”

Hoofstuk 57 Mobiele weergawe Kommentaar