Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 57 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

8. Maar dit is reeds die derde dag, dat Ek in Sichar doenig is, en dit is van hier tot in die stad net ‘n plesierige wandeling op ‘n paar veldpadjies; dit sou vir My baie verbaas, dat jy van jou kollegas in die stad nog geen nuus oor My bekom het nie!”

9. Sê die handelaar: “A, jy is dus daardie een, van wie hulle reeds gister vir my vertel het, dat hy die Messias sou wees en dit deur wonderbaarlike dade betuig het! Die ou huis van die mooi Irhael het Jy nuut omskep en wonderbaarlik koninklik ingerig?! En daar is ook vir my van ‘n skerp preek by die berg, wat jy gelewer het, vertel, maar waaroor baie aanstoot geneem het, aangesien dit heeltemal teen Moses gekant sou wees! - Nou toe nou, dit is dus jy!?

10. Nou, ek is baie bly, dat jy vir my kom kuier het, en ek hoop, om vir jou nog nader te leer ken! Weet jy, ek is glad nie teen daardie idee gekant nie en glo vas, dat die Messias sal kom en moet kom! Die tyd sou so ongeveer volgens my berekening, heel gepas wees, want die druk deur die Romeine het nou byna ondraaglik geword! En waarom sal jy nie die verwagte Messias kon wees nie?! O dit kan ek sommer nou en maklik aanneem!

Hoofstuk 57 Mobiele weergawe Kommentaar