Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 58 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

4. Ek sê vir jou: Wat die liefde op aarde doen, dit is ook in die hemel gedoen en bly vir ewig; maar wat die pure wêreldse verstandigheid doen, dit word deur die bodem van die aarde verslind, en vir die ewige hemel bly daar niks oor nie. Maar wat kan ook al die aardse skatte vir die mens beteken, indien sy siel daarby skade lei?!

5. Maar wie vir die aarde en die vlees sorg, is ‘n dwaas; want soos die mens se vlees ‘n einde het, net so sal ook die aarde ‘n einde hê! Maar as op ‘n tyd die einde van die aarde sal kom, op watter bodem sal dan die siel ‘n woning neem?!

Hoofstuk 58 Mobiele weergawe Kommentaar