Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 58 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Maar Ek sê vir jou, dat daar elke mens, as die liggaam van hom af weggeneem word, ook gelyktydig die aarde vir ewig verloor. En as hy in sy hart deur die liefde nie ‘n nuwe aarde geskep het nie, dan sal sy siel haarself aan die winde en wolke en mis moet prysgee en word in die ewige oneindigheid rondgedryf en sal nêrens enige verposing of rus vind nie, behalwe in valse en nietige beelde van haar eie fantasie, wat, hoe langer dit aanhou, voortdurend swakker, donkerder en ten slotte in die digste nag en duisternis oorgaan, waaruit die siel uit haarself beswaarlik ooit ‘n uitweg sal vind! Daarom kan jy ook in toekoms so maak, soos wat Ek dit nou vir jou gewys het; maar vir nou doen, soos wat jy wil en kan!” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 58, Paragraaf 6

Hoofstuk 58 Mobiele weergawe Kommentaar