Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 58 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

6. Maar Ek sê vir jou, dat daar elke mens, as die liggaam van hom af weggeneem word, ook gelyktydig die aarde vir ewig verloor. En as hy in sy hart deur die liefde nie ‘n nuwe aarde geskep het nie, dan sal sy siel haarself aan die winde en wolke en mis moet prysgee en word in die ewige oneindigheid rondgedryf en sal nêrens enige verposing of rus vind nie, behalwe in valse en nietige beelde van haar eie fantasie, wat, hoe langer dit aanhou, voortdurend swakker, donkerder en ten slotte in die digste nag en duisternis oorgaan, waaruit die siel uit haarself beswaarlik ooit ‘n uitweg sal vind! Daarom kan jy ook in toekoms so maak, soos wat Ek dit nou vir jou gewys het; maar vir nou doen, soos wat jy wil en kan!”

7. Sê die handelaar: “Jy is uiters wys en mag in alle dinge reg wees, maar met die geldlenery kan ek nie heeltemal saamstem nie. Want as jy reeds baie geld bymekaar gemaak het, en dit tog nie graag dood wil laat lê nie, is dit tog beter om dit teen ‘n matige rentekoers uit te leen, as om dit te begrawe, sodat die diewe dit nie van jou kan steel nie, indien hulle oor nag sou kom en die kaste en trommels oopbreek. ‘n Mens kan nog altyd van die oorvloed vir die armes gee, wat reg is; want as ek op ‘n slag alles gee en werkskaf nie verstandig met die rykdom nie, dan sal ek binnekort niks meer oor hê nie en vir die baie armes sal ek nie meer in staat wees om enige iets te gee nie.”

Hoofstuk 58 Mobiele weergawe Kommentaar