Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 59 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 59

1. Sê die handelaar in die loop na die kasteel: “My Heer en my vriend, ek kan dit sien, dat uit jou ‘n suiwer goddelike wysheid spreek, en dit op so ‘n sagte manier, soos ek dit nog nooit uit ‘n menslike mond verneem het nie; maar die nakoming van sodanige jou lering vereis ‘n sterk vertroue op Jehova, waaraan ek, ten spyte van my vaste geloof, ‘n tekort het. Ek weet dat dit Hy is, wat alles geskep het en nou alles lei, regeer en onderhou, maar ek kan dit vir my nie lewendig genoeg voorstel nie, dat Hy as die allerhoogste Gees, in die private omstandighede sou, kon en wil inmeng! Want Hy is vir my te allerhoogs heilig, sodat ek dit skaars kan waag, om Sy allerheiligste naam uit te spreek, nie eers gepraat daarvan dat ek dit van Hom sal verwag, dat Hy in my vuil geldsake Sy almagtig heilige hand as hulp sal aanbied nie!

2. Maar ek gee ook vir die armes, wat na my toe kom, en hou nie honde aan nie, dat hulle vir ‘n bedelaar moet blaf nie, en hy moet bang word, om my drumpel te betree. Net hierdie laan, wat my lieflingplek is, wil ek nie hê dat dit deur vreemdelinge en armes betree word nie, omdat hulle dikwels die beddings en plante moedswillig beskadig en as mense wat honger en dors is, ook niks sal vind, waarmee hulle vir hulle kan versadig en hulle dors kan les nie. Maar daarvoor het ek ongeveer twintig veldweë hiervandaan ‘n groot vye- en pruimewoud geplant; dit is vir alle vreemdelinge en armes beskikbaar, hulle mag net nie die bome beskadig nie, waarom ek ook verskeie opsigters daar opgestel het.

3. Jy kan daaruit sien, dat ek wel aan die armes dink; maar dat ek derhalwe die mees verhewe gees met ‘n versoek moet lastig val, dat Hy hetsy aards of net suiwer hemels gesien my geldelike rykdom moet bestuur, daarvan bly ek ver weg! Indien Hy iets wil doen en ook werklik reeds gedoen het, waaraan ek glad nie twyfel nie, staan dit in Sy hoogste vrye wil! Maar ek het vir Hom ‘n onbeperkte eerbied, sodat ek dit skaars waag, om vir Hom te dank, want dit wil vir my voorkom, dat ek deur sodanig materiële dank, waardeur ek vir Hom so te sê wys, dat ek glo, dat Hy vir my as ‘n handlanger kon gedien het, ‘n uiters groot oneer vir Hom sou aandoen. Ek leef en handel derhalwe as ‘n so ver as moontlik regverdige mens volgens die wet, met die kragte wat God aan my verleen het en bind nie die osse en esels se bekke toe nie, wanneer hulle my graan uittrap; alhoewel ek die groot Gees net op Sy dag eer! Want dit staan geskrewe: ‘Die naam van jou God moet jy nie ydel uitspreek nie!’”

4. Sê Ek: “As Ek dit nie lankal sou geweet het nie, dat jy ‘n regverdige en bo alle mate godvresende man is, dan sou Ek nie na jou toe gekom het nie. Maar sien, dat jy vir Hom bang is, vir wie jy eintlike bo alles moet liefhê, is nie reg en billik van jou nie, en Ek het daarom na jou toe gekom, om vir jou te wys, hoe jy in toekoms vir God meer moet liefhê as vrees. Dan sal God Hom ook teenoor jou verwerdig en sal vir jou in alles ‘n versekerde, kragtigste en betroubare handlanger wees!”

Hoofstuk 59 Mobiele weergawe Kommentaar