Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 59 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Maar ek gee ook vir die armes, wat na my toe kom, en hou nie honde aan nie, dat hulle vir ‘n bedelaar moet blaf nie, en hy moet bang word, om my drumpel te betree. Net hierdie laan, wat my lieflingplek is, wil ek nie hê dat dit deur vreemdelinge en armes betree word nie, omdat hulle dikwels die beddings en plante moedswillig beskadig en as mense wat honger en dors is, ook niks sal vind, waarmee hulle vir hulle kan versadig en hulle dors kan les nie. Maar daarvoor het ek ongeveer twintig veldweë hiervandaan ‘n groot vye- en pruimewoud geplant; dit is vir alle vreemdelinge en armes beskikbaar, hulle mag net nie die bome beskadig nie, waarom ek ook verskeie opsigters daar opgestel het. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 59, Paragraaf 2

Hoofstuk 59 Mobiele weergawe Kommentaar