Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 59 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

2. Maar ek gee ook vir die armes, wat na my toe kom, en hou nie honde aan nie, dat hulle vir ‘n bedelaar moet blaf nie, en hy moet bang word, om my drumpel te betree. Net hierdie laan, wat my lieflingplek is, wil ek nie hê dat dit deur vreemdelinge en armes betree word nie, omdat hulle dikwels die beddings en plante moedswillig beskadig en as mense wat honger en dors is, ook niks sal vind, waarmee hulle vir hulle kan versadig en hulle dors kan les nie. Maar daarvoor het ek ongeveer twintig veldweë hiervandaan ‘n groot vye- en pruimewoud geplant; dit is vir alle vreemdelinge en armes beskikbaar, hulle mag net nie die bome beskadig nie, waarom ek ook verskeie opsigters daar opgestel het.

3. Jy kan daaruit sien, dat ek wel aan die armes dink; maar dat ek derhalwe die mees verhewe gees met ‘n versoek moet lastig val, dat Hy hetsy aards of net suiwer hemels gesien my geldelike rykdom moet bestuur, daarvan bly ek ver weg! Indien Hy iets wil doen en ook werklik reeds gedoen het, waaraan ek glad nie twyfel nie, staan dit in Sy hoogste vrye wil! Maar ek het vir Hom ‘n onbeperkte eerbied, sodat ek dit skaars waag, om vir Hom te dank, want dit wil vir my voorkom, dat ek deur sodanig materiële dank, waardeur ek vir Hom so te sê wys, dat ek glo, dat Hy vir my as ‘n handlanger kon gedien het, ‘n uiters groot oneer vir Hom sou aandoen. Ek leef en handel derhalwe as ‘n so ver as moontlik regverdige mens volgens die wet, met die kragte wat God aan my verleen het en bind nie die osse en esels se bekke toe nie, wanneer hulle my graan uittrap; alhoewel ek die groot Gees net op Sy dag eer! Want dit staan geskrewe: ‘Die naam van jou God moet jy nie ydel uitspreek nie!’”

Hoofstuk 59 Mobiele weergawe Kommentaar