Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 60 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

4. Maar Ek sê vir hierdie handelaar: “Liewe vriend, berus daarby soos wat dit nou is en staan! Sien, toe jou dienaars en wagte vantevore na My in die laan gekom het, omdat jy hulle gestuur het, om vir My te vra, wie Ek is, en wat Ek met sodanige groot geselskap hier kom soek, het Ek as ‘n Heer van jou verwag, dat jy vir ons almal ‘n goeie middagete moet gee! Toe was jy vinnig toe daartoe verbind, alhoewel jy nie geweet het wie Hy is, wat Hom die reg toegeëien om van jou vir so baie gaste ‘n middagete te vra.

5. Jou dienaars sowel ook jy, het vir My aanvanklik vir ‘n vors uit Rome gehou en was derhalwe des te meer ywerig, om My wens na te kom; maar toe jy in die verloop van ons baie leersame gesprek in jou erkentenis daarheen gebring was, dat Ek die Messias is, was jy in jou hart baie bly daaroor en het in jou hart des te meer daaraan gedink, om vir My en die hele geselskap ten beste te bedien, sodat dit vir My moet geval, om by jou te bly, totdat jy jou vermeende weermag teen die Romeine uit Bo- en Agterasië bymekaar sou gebring het, om dan onder My leiding al die vyande, wat daar pure heidene is en nie aan die lewendige ware God glo nie, uit die land van God te verdryf!

Hoofstuk 60 Mobiele weergawe Kommentaar