Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 60 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

5. Jou dienaars sowel ook jy, het vir My aanvanklik vir ‘n vors uit Rome gehou en was derhalwe des te meer ywerig, om My wens na te kom; maar toe jy in die verloop van ons baie leersame gesprek in jou erkentenis daarheen gebring was, dat Ek die Messias is, was jy in jou hart baie bly daaroor en het in jou hart des te meer daaraan gedink, om vir My en die hele geselskap ten beste te bedien, sodat dit vir My moet geval, om by jou te bly, totdat jy jou vermeende weermag teen die Romeine uit Bo- en Agterasië bymekaar sou gebring het, om dan onder My leiding al die vyande, wat daar pure heidene is en nie aan die lewendige ware God glo nie, uit die land van God te verdryf!

6. Toe jy dit in jou gemoed besluit het, het ook Ek in die geheim iets besluit, en dit is, dat jy nou My gas, alhoewel in jou huis, en nie Ek jou gas sal wees nie! Ek het derhalwe vir My voortreflike dienaarskap ‘n opdrag gegee, en sien, alles is nou in die beste gereedheid, en jy sal vandag aan My sy met egte kos uit die hemel gevoed word!

Hoofstuk 60 Mobiele weergawe Kommentaar