Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 61 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 61

1. Toe hy op die eerste vloer aankom, sien hy onmiddelik die voorgenoemde vleuel, loop vol van opgewondenheid na die eerste groot deur, kyk na die groot saal en sak van verwondering inmekaar. Onmiddelik het verskeie van die wit jongelinge nader gekom, om vir hom op te help en te versterk. Toe hy ‘n bietjie herstel het, kom hy weer na My toe en vra vir My met ‘n hoogs verbaasde bewerige stem: “O Heer, ek smeek vir jou, sê tog vir my heeltemal reguit, of ek wel wakker is, of, of ek slaap en eenvoudig net droom!”

2. Sê Ek: “Wel , soos jy nou vra, blyk dit dat jy meer droom as om wakker te wees; maar jy is nogtans wakker, en wat jy daar sien, is vaste werklikheid! Jyself het buite in die laan vir My gesê, dat jy verneem het, dat Ek die ou huis van Joseph, wat tans deur Irhael bewoon word en haar eiendom is, binne oomblikke ten volle weer herstel het. Nou, as Ek die huis van Joseph weer kon oprig, dan sal Ek tog ook in staat wees, om die ou kasteel van Esau weer te vernuwe.

3. Sê die handelaar: “Ja, ja, dit is nou sigbaar en waar; maar dit is nogtans ongelooflik, dat ‘n mens sulke dinge kan verrig! Luister, Heer! As jy nie ‘n profeet soos Elias is nie, dan moet jy hetsy ‘n aartsengel in menslike gestalte of ten slotte Jehova Self wes! Want sulke dinge is net vir God alleen moontlik!”

4. Sê Ek: “Ja, ja, indien jy geen teken sou gesien het nie, dan sou jy ook nie vir My geglo het nie! Nou glo jy natuurlik, maar in sodanige geloof is nie ‘n vrye gees nie! Maar sodat jy nogtans in jou hart ‘n bietjie meer vry kan word, sê Ek vir jou: Nie Ek nie, maar hierdie baie jongelinge het dit gedoen; hulle het sodanige mag van God die Vader. Vir hulle kan jy vra, hoe hulle dit reggekry het!”

5. Sê die handelaar: “Reg! Ek het reeds buite vir Jonal gevra, wie en waarvandaan hierdie wonderheerlike, mooiste, jong wesens kom, maar het geen antwoord gekry nie, maar hy het my net jou toe verwys. Toe ek na jou toe gekom het, het ek dit eienaardigergewys heeltemal vergeet; my vraag het hom daar net met jou besig gehou, en ons tweegesprek het ‘n heel ander wending geneem. Nou eers herinner ek vir my daaraan en wil nou van jou die regte inligting daaroor verkry, wie, wat en waarvandaan nou eintlik hierdie allersagste jongelinge kom.”

6. Sê Ek: “Om jou nie langer aan ‘n lyntjie te hou nie, dit is engele van God, indien jy dit wil aanneem. Maar as jy dit nie wil aanvaar nie, kan jy vir hulle beskou vir wat jy wil, net nie vir duiwels of hulle dienaars nie!”

7. Sê die handelaar: “O Heer, o Heer, waar, waarin het ek beland?! Vantevore het ek vir jou gevra, of ek wakker is, of, of ek slaap en droom; maar nou vra ek vir jou, of ek nog lewe. Want sulke dinge kan tog nie op die werklike aarde plaasvind nie!”

8. Sê Ek: “O, - baie beslis lewe jy op aarde! Ek het jou innerlike sig ontsluit, en daarom kan jy nou ook die geeste van die hemel sien! Maar jy moet nou nie verder vra nie, want dit het tyd geword vir middagete! Alles is voorberei, laat ons dus aan tafel gaan sit!”

9. Sê die handelaar: “Ja, ja, reg so! Maar van al die verbasing bo verbasing sal ek nie in staat wees om baie te eet nie! Nee, vanoggend sou ek nooit kon gedink het wat alles hier gebeur het! Hierdie saak het veels te vinnig en onverwags gebeur. Dit is ook skaars drie ure sedert julle in my groot laan ingedring het, en wat het nie alles in hierdie drie ure gebeur nie?! - Die mees ongelooflike dinge! - En tog is dit daar! Maar wie anders as die getuies van dit wat gebeur het sal dit glo, en al sou ‘n duisend getuies daarvoor spreek?! Heer, Heer, jy die groot Meester, deur God Self geleer en gelei, ek glo dit, omdat ek dit nou met my eie oë gesien het. Maar as julle dit vir duisende sal vertel, dan sal hulle dit nie net nie glo nie, maar kwaad word en die verteller ‘n skaamtelose leuenaar skel! Daarom moet julle dit tog nêrens oorvertel nie, want hierdie saak is te wonderbaarlik groot! Wie het ooit sodanige heerlikheid, soos daar hierdie saal is, gesien?! Die mure van suiwer edelgesteentes, die plafon van goud, die vloer silwer, die baie tafels van jaspis, hiasint en smarag, die rakke van goud en silwer, die glase van suiwer diamant en die skottels soos uit die fynste en vurigste robyn; die banke om die tafels weereens uit edele metale en die kussings van ‘n dieprooi satyn, en die reuk van die spyse en verskeie soorte drank is soos uit die hemel! En dit alles in - sê - drie ure! Nee, dit is ongelooflik bo ongelooflik!

10. Heer! Jy moet hetsy God Self wees of Jy is mees onfeilbaar tog ten minste God se Seun!”

11. Sê Ek: “Heeltemal reg, heeltemal reg! Maar nou die ete! Na die maaltyd sal jy nog sommige dinge leer ken; maar voor die maaltyd praat Ek nou niks meer nie. Kyk net vir die baie, wat reeds honger en dors is, omdat dit vandag baie warm is! Daarom sal hulle nou eers verkwik en ten volle versterk word, dan sal alle ander dinge geestelik ook weer regkom!”

Hoofstuk 61 Mobiele weergawe Kommentaar