Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 63 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Hoofstuk 63

1. Almal eet en drink nou; selfs Jairuth begin heel in gedagte te eet, en daarbenewens ook goed om te drink. Toe hy deur die gloeiende liefdewyn uit die hemel self heeltemal in liefde omskep is, sê hy vir My: “Here, daar het nou by my ‘n heerlike gedagte opgekom! As dit moontlik is, wil ek die’ soort wingerd hê, sodat ek van sy druiwe sodanige wyn kan maak! Want as ek sodanige wyn in my kelder kan hê, dan maak ek die hele wêreld vol van niks anders as net liefde oor liefde! Ek het dit nou aan myself ervaar. Ek is andersins ook net mens, wat ‘n voorliefde vir alles wat goed, reg en mooi is, het; maar dat ek ooit enige besondere liefde vir die mense in my aangevoel het, kan ek werklik nie sê nie.

2. Alles wat ek tot dusver gedoen het, het ek vanweë ‘n sekere regsdwang gedoen, wat ek vir my volgens die kennis van die wet self voorgeskryf het. Daar was weinig vir my daaraan geleë, of ‘n wet goed of sleg was; op sulke gedagtes het ek vir my eintlik nooit ingelaat nie. My leuse was die’: Wet is wet, of van God of van Caesar! As dit agter die rug ‘n straf inhou, dan moet ‘n mens dit uit eieliefde nakom, sodat ‘n mens nie deur die nie-nakoming van die wet enige bose gevolge opdoen nie! Maar as ‘n wet geen sanksies het nie, dan is dit ook geen wet nie, maar bloot ‘n goeie raad, wat ‘n mens kan nakom, maar daarby nogtans geen gesanksioneerde verpligting het nie.

3. Daar kan wel ook ‘n nadeel uit die nie-nakoming van ‘n goeie raad voortgaan, wat by ‘n nadere beskouing die bedroefde gesig van ‘n wetlike straf het, maar die nie-nakoming van ‘n goeie raad is nogtans geen sonde nie, waarby ander mense ook betrokke kan wees, maar hoofsaaklik net hy, wat die goeie raad nie nakom nie. Maar as ‘n raad sleg is, dan begaan ek klaarblyklik ‘n growwe sonde, as ek dit sou nakom.

4. Maar by die wet is dit anders. Of dit goed of sleg is, ek moet dit nakom, omdat dit ‘n wet is. As ek dit nie nakom nie, dalk daarom, omdat ek dit as sleg beskou, dan sondig ek hetsy voor God of teen die landsheer, en ek sal derhalwe deur altwee getugtig word! Maar daaruit kan helder en duidelik afgelei word, dat ek die so te sê wetlik goeie nooit uit liefde, maar net vanuit die wetlike moet, moet nakom, waarvoor ek innerlik nog altyd ‘n weersin gehad het. Maar nou, aangesien ek hierdie heerlike druiwesap uit die hemel gedrink het, sien ek niks as net liefde om liefde, en ek wil nou reeds die hele aarde omhels en soen!

5. Daarby sien ek ook dieselfde effek by almal, wat van hierdie eg hemelse wyn gedrink het. Daarom wil ek ‘n groot tuin vol van sulke druiwe kweek en dan van die wyn vir alle mense gee om te drink, en hulle sou dan, soos ek nou, sekerlik binne die korste tyd ook heeltemal liefde word! As dit dus sou moontlik wees, om vir my sodanige druiwe te verskaf, dan sou ek die gelukkigste mens op die liewe en mooi aarde van God wees!”

6. Sê Ek: “Druiwe, wat vir jou dieselfde sap sal gee, kan Ek wel vir jou verskaf; maar jy sal daarmee nogtans nie die vermeende uitwerking by die mense teweeg bring nie. Want daardie wyn verlewendig wel die liefde, as dit in elk geval in die mens is; maar as die mens nie die liefde het nie, maar net dit wat boos is in sy hart dra, dan sal hy dit wat in hom boos is, net so verlewendig soos die liefde in jou nou, en hy sal dan eers in ‘n volmaakte duiwel omskep word en sal met ‘n groot entoesiasme die bose net so in werking stel, soos wat jy nou alles wat goed is in werking wil stel.

7. Daarom is dit by hierdie sap baie belangrik om daarop te let, vir wie jy dit wil voorsit om te geniet! Maar Ek wil nogtans vir jou ‘n wynberg vol van sulke druiwe laat toekom; maar wees baie versigtig vir wie jy sodanige sap sal gee om te drink! Die liefde wat verlewendig is, kan wel baie goeie dinge teweeg bring; maar dit is beter as sy deur die woord van God verlewendig word, omdat dit blywend van aard is, terwyl sy tydens die genot van hierdie sap net vir ‘n kort tydjie aanhou, maar dan weer sal vergaan soos hierdie sap self. Dit moet jy derhalwe deeglik in ag neem, andersins sal jy boosheid pleks van iets goed teweeg bring!”

8. Sê daarop die handelaar Jairuth: “Here, dan sou dit daarvolgens nie goed wees, om sodanige wyn te verbou nie! Want ‘n mens kan dit tog nie weet nie, of ‘n mens, vir wie jy sodanige sap gee om te drink, liefdevol of boos in sy hart is. En wanneer jy dan met die beste wil in plek van sy liefde, net sy boosheid verlewendig, dan sou ‘n mens daardeur aan ‘n groot verleentheid en boonop nog gevaar blootgestel wees!

9. Sê Ek: “Vir My is dit om en ewe; Ek sal vir jou doen wat jy wil hê! Maar Ek sê vir jou: In elke druiwesoort wat op die aarde verbou word, is daar min of meer dieselfde eienskap teenwoordig. Laat van jou self gekweekte wyne verskeie mense ongeveer soveel drink, soos wat jy nou reeds van My hemelse wyn gedrink het, en jy sal sien, hoe sommige heeltemal in liefde sal oorgaan; daarenteen sal ander weer begin om te woed en in raserny oorgaan, dat jy hulle met toue sal moet vasmaak! Maar as die aardse wyne sodanige uitwerking na vore bring, hoeveel nie meer die hemelse wyn nie!”

Hoofstuk 63 Mobiele weergawe Kommentaar