Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

Daarna moet hulle, wat goed en volgens waarheid van U en U ryk op hoogte is, na die mense toe gaan, wat enersyds geskrik het en hulle andersyds verbaas en na die rede van die verskynsel vra, en hulle gaan onderrig in U Naam; en as hulle êrens siekes aantref, moet hulle hul op dieselfde manier genees soos U reeds uitgestuurde leerlinge in Joppe, wat die siekes wat hier aanwesig was, genees het - en ek dink dat U leer op die buitengewone manier die vinnigste en mees sekerste by alle mense ingang sal vind. Die mense was nie daartoe in staat nie, omdat hulle nie die middele daarvoor gehad het nie; maar U het die middele waarmee `n baie groot werk vinnig tot stand kan kom. Sou dit nie moontlik wees nie, of sou dit in teenspraak wees met U wysheid en orde?” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 1, Paragraaf 4

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar