Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 34 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

Hierop wil die rabbi nog iets antwoord; maar die herbergier neem hom tersyde en vertel hom wat Ek met sy seun gedoen het. Toe sê die rabbi geen woord meer nie, laat die leerlinge van die sinagoge huistoe gaan en verlaat die sinagoge; onmiddellik besoek hy die volkome geneesde seun van die herbergier, waaroor hy hom uitermate verbaas, en gaan toe meteens na al die bekende Judese en heidense huise om te vertel wat daar in die Judese herberg gebeur het, waarop daar weldra baie na die herberg kom om hulle self daarvan te oortuig. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 34, Paragraaf 10

Hoofstuk 34 Mobiele weergawe Kommentaar