Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 34 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

3. Vererg sê die rabbi: “Vriend, ek is hier deur die gemeente tot rabbi gekies! Hulle is tevrede met my, en jy as vreemdeling het niks daarmee te maak hoe ek die kinders onderrig gee nie. Ons lewe hier onder die heidene, en daarom moet ek my leerlinge, behalwe ons Skrif, ook die sedes en gebruike van die Romeine en Grieke bybring en die goeie daarin ook lewend erken, sodat hulle my nie ter verantwoording kan roep nie. Ons is nou eenmaal in hierdie wêreld geplaas en moet naas God, wat vir ons geen manna meer uit die hemele laat reën nie, ook die wêreld dien, as ons van haar wil lewe.”

4. Ek sê: “Omdat die Judeërs, net soos jy, God steeds meer begin vergeet het en die wêreld gaan dien het toe Hy nog die manna uit die hemele laat reën het, laat God hulle ook in die harde slawerny van die wêreld beland en in die sweet van hul aangesig hulle skamele brood verdien. En omdat die Judeërs God nou minder trou geword het as die heidene, sal ook die enigste lig wat hulle nog het, van hulle afgeneem word en aan die heidene gegee word.

Hoofstuk 34 Mobiele weergawe Kommentaar