Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 38 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

Hierop sê die kommandant vir My: “Heer, ek sal die saak wel vir hulle in orde kry, en hy sal nou self goed begryp wat hom in die vervolg te doen staan! Maar ek dink dat ons in die toekoms geen heidense priester meer sal nodig hê nie. Of ons kinders deur heidense of Judese lerare in lees, skrywe en rekene onderrig word, sal wel om te ewe wees, en dus kan hierdie rabbi ons kinders wel in die drie vakke verder onderrig; wat die godsdiens egter betref, sal ek wel self daarvoor sorg dat ons ou veelgodedom so vinnig moontlik in `n Een Elohimgodsdiens verander word. Maar nou vra ek U, goddelike Heer en Majesteit en van nou af aan ons God, of U ons, wat tot nou toe heidene was, die korrekte weg sou wil wys wat ons in die toekoms moet gaan; want tot nou toe is ons nog in die ou duisternis.” – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 38, Paragraaf 8

Hoofstuk 38 Mobiele weergawe Kommentaar