Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 40 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

5. Die rabbi sê ten slotte: “Dit bevestig ook die uitspraak van die profeet: “Vir wêreldse wyses en verstandiges bly dit verborge, en aan onmondige kinders word dit geopenbaar! “Van ouds het die kinders van die lig altyd by vol bakke met ligtebrood uit die hemele gesit en het geen honger hoef te gely het nie; maar omdat hulle nooit honger en dors hoef te gely het nie, vergeet hulle die hoë waarde van die spyse uit die hemele en wend hulle hulleself na die walglike spyse van die wêreld, soos wat ek dit self helaas ook gedoen het.

6. Maar die heidene met hulle honger na lig merk hoe die uitverkore kinders van die lig hulle hemelse kos steeds meer die rug begin toekeer, en hulle kom om hulle meester te maak van die vol skottels. Met groot ywer lees hulle ons boeke en versadig hulle op die manier alreeds met ons brood uit die hemele, en daarom is hulle nou baie sterker as ons en het die Heer ook baie makliker en met meer sekerheid herken as ons. Maar Hy sal ook deur ons Judeërs herken word.”

Hoofstuk 40 Mobiele weergawe Kommentaar