Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 41 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

Die leerlinge soek die Heer

1. Daarna kyk ons na die uiteenlopende verskynsels van die oggend, en Ek verklaar hulle vir die kommandant, wat baie dankbaar daarvoor was en hom baie verbaas, want daar sit in hom nog baie verborge van die ou mitiese elemente van die fantasieryke heidendom uit sy vroeë jeug, wat hy nie alles in één oomblik kon kwytraak nie.

2. Hoe gaan dit egter intussen op hierdie oggend in ons Judese herberg?

3. Toe My leerlinge wakker word en My mis, net soos die herbergier met sy gesin, word hulle almal bang en vra hulle af waar Ek hierdie oggend heeltemal alleen heen kon gegaan het, en waarom.

4. Petrus sê: “Julle weet tog dat Hy, solank ons by Hom was, steeds elke oggend voor sonsopgang na buite gaan. Hy sal wel weer op die regte tyd terugkeer; laat ons dus nie angstig besorg wees oor Hom nie!”

5. Daarop sê Jakobus: “Jy het wel gelyk; maar ek weet ook beter as elkeen van julle, omdat ek al vanaf Sy kinderjare steeds in Sy nabyheid was en met Hom omgaan, dat Hy Homself dalk graag vir `n kort tyd wil verberg van hulle wat Sy lieflinge is, en dat Hy graag wil sien dat hulle Hom vol ywer soek, Hom ook vind en hulle groot vreugde daaroor uiter, as hulle Hom teruggevind het! Ons sou Hom ook hierdie keer dus moet gaan soek, en wel vol ywer!”

6. Nou wil ook Judas Iskariot `n opmerking in teenoorgestelde sin maak; maar Johannes val hom dadelik skerp in die rede, met die woorde: “Jy was, is en bly `n leerling van Hom, wat nog geen vonk van die gees van waarheid in jou opgeneem het nie. Jy is vir die grootste deel `n ingebeelde wyse en daarmee lieg jy vir jouself en vir baie ander; jy doen dus die beste daaraan deur te swyg en hulle te laat praat, wat in Sy gees wil praat en dit deur Sy barmhartigheid ook kan doen!”

7. Daarop sê die tereggewysde leerling niks meer nie en gaan alleen na buite, waar hy enkele Judeërs aantref, wat hom vra of Ek in die huis was, en wat Ek doen.

Hoofstuk 41 Mobiele weergawe Kommentaar