Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 41 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

16. Jakobus sê: “Laat ons hierdie klipagtige hoogte maar opklim, want van daar af sal ons verseker ver kan sien en die Heer seker êrens sien wandel!”

17. Toe klim almal omhoog en heeltemal bokant gekom, sien hulle My en die kommandant ook baie gou.

18. Almal was bly dat hulle My gevind het; slegs Simon Juda loop na My toe en sê met `n vriendelike gesig: “Maar Heer en Majesteit, kyk, ons was angstig en bedroef, omdat ons nie geweet het waar U hierdie oggend heengegaan het nie! As U ons maar iets daaroor sou gesê het, sou ons soos altyd dadelik saam met U gegaan het en ons onsself geen sorg om U hoef te gemaak het nie. Ons vra U om dit nie meer in hierdie vreemde omgewing aan ons te doen nie; maar as U volgens U wysheid êrens alleen wil heengaan, sê ons dat ons alleen moet bly; ons sal verseker nooit teen U heilige wil ingaan nie! Want kyk, ons het U bo alles lief, en daarom word ons ongerus as ons ook maar enkele oomblikke nie weet waar U is en wat U doen nie!”

19. Ek sê: Nou, nou, Ek sou dit wel vir julle gesê het, as Ek dit nie vooraf geweet het dat julle My sou soek en sekerlik sou vind nie! Bowendien het dit geeneen van julle kwaad gedoen dat Ek julle liefde vir My opnuut weer sterker gemaak het nie. Maar Ek het met hierdie nuwe vriend alleen iets te bespreek gehad en het dus ook alleen hierheen gewandel.

20. Hierdie stad en haar omgewing sal in die tyd van die groot verdeemoediging van Jerusalem `n toevlugsoord word vir hulle wat in My glo, soos wat Ek julle al aangedui het, en daarom moet hier deur hierdie vriend, wat oor baie heidene gebied, nou al `n goeie basis gelê word vir `n stewige gemeente in My Naam. En hiermee weet julle nou ook waarom Ek met die kommandant alleen wil wees.

21. Maar as My afwesigheid van slegs enkele oomblikke julle al so ongerus gemaak het, wat sal julle doen as Ek julle met My liggaam vir `n langer tyd sal verlaat?”

22. Simon Juda sê weer: “Heer en Majesteit, ons weet goed wat U ons daarmee wil sê! As dit volgens U raadsbesluit so moet wees sal ons U afwesigheid, wat baie bedroewend vir ons sal wees, wel verdra in die hoop dat al die ander wat U ons daaroor onthul het, ook vas en seker in vervulling sal gaan. Maar dat nie een van ons die tyd nader wens nie, dit lees U self in ons harte! Maar alleen U wil geskied altyd!”

Hoofstuk 41 Mobiele weergawe Kommentaar