17. Toe klim almal omhoog en heeltemal bokant gekom, sien hulle My en die kommandant ook baie gou. 18. Almal was bly dat hulle My gevind het; slegs Simon Juda loop na My toe en sê met `n vriendelike gesig: “Maar Heer en Majesteit, kyk, ons was angstig en bedroef, omdat ons nie geweet het waar U hierdie oggend heengegaan het nie! As U ons maar iets daaroor sou gesê het, sou ons soos altyd dadelik saam met U gegaan het en ons onsself geen sorg om U hoef te gemaak het nie. Ons vra U om dit nie meer in hierdie vreemde omgewing aan ons te doen nie; maar as U volgens U wysheid êrens alleen wil heengaan, sê ons dat ons alleen moet bly; ons sal verseker nooit teen U heilige wil ingaan nie! Want kyk, ons het U bo alles lief, en daarom word ons ongerus as ons ook maar enkele oomblikke nie weet waar U is en wat U doen nie!”
|