21. Maar as My afwesigheid van slegs enkele oomblikke julle al so ongerus gemaak het, wat sal julle doen as Ek julle met My liggaam vir `n langer tyd sal verlaat?” 22. Simon Juda sê weer: “Heer en Majesteit, ons weet goed wat U ons daarmee wil sê! As dit volgens U raadsbesluit so moet wees sal ons U afwesigheid, wat baie bedroewend vir ons sal wees, wel verdra in die hoop dat al die ander wat U ons daaroor onthul het, ook vas en seker in vervulling sal gaan. Maar dat nie een van ons die tyd nader wens nie, dit lees U self in ons harte! Maar alleen U wil geskied altyd!” |