Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 41 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

4. Petrus sê: “Julle weet tog dat Hy, solank ons by Hom was, steeds elke oggend voor sonsopgang na buite gaan. Hy sal wel weer op die regte tyd terugkeer; laat ons dus nie angstig besorg wees oor Hom nie!”

5. Daarop sê Jakobus: “Jy het wel gelyk; maar ek weet ook beter as elkeen van julle, omdat ek al vanaf Sy kinderjare steeds in Sy nabyheid was en met Hom omgaan, dat Hy Homself dalk graag vir `n kort tyd wil verberg van hulle wat Sy lieflinge is, en dat Hy graag wil sien dat hulle Hom vol ywer soek, Hom ook vind en hulle groot vreugde daaroor uiter, as hulle Hom teruggevind het! Ons sou Hom ook hierdie keer dus moet gaan soek, en wel vol ywer!”

6. Nou wil ook Judas Iskariot `n opmerking in teenoorgestelde sin maak; maar Johannes val hom dadelik skerp in die rede, met die woorde: “Jy was, is en bly `n leerling van Hom, wat nog geen vonk van die gees van waarheid in jou opgeneem het nie. Jy is vir die grootste deel `n ingebeelde wyse en daarmee lieg jy vir jouself en vir baie ander; jy doen dus die beste daaraan deur te swyg en hulle te laat praat, wat in Sy gees wil praat en dit deur Sy barmhartigheid ook kan doen!”

7. Daarop sê die tereggewysde leerling niks meer nie en gaan alleen na buite, waar hy enkele Judeërs aantref, wat hom vra of Ek in die huis was, en wat Ek doen.

8. Maar die leerling sê: “Gaan soek Hom maar self; want ek het geen opdrag gekry om iemand iets oor Hom te sê nie!”

9. Daarmee loop die leerling verder en bekyk die ou stad, waarvan die huise merendeels van swart stukke basalt gebou was, omdat daar in hierdie omgewing weinig hout aanwesig was om mee te bou.

10. Die in huis geblewe leerlinge pleeg nog verder oorleg met mekaar oor wat hulle moes doen. Ten slotte stem hulle almal in met Jakobus en wou My gaan soek.

11. Daar kom egter `n dienaar van die kommandant - maar nie die een wat My die oggend vroeg die huis van die kommandant verby sien gaan het nie, maar `n dienaar wat deur sy dogter gestuur was om navraag te doen na My en na die kommandant, of hy miskien by My was, aangesien hy so vroeg en so haastig die huis uitgegaan het. Maar hierdie dienaar kon van die leerlinge ook niks wyser word nie.

12. Toe sê Jakobus: “Hé, daar gaan vir my `n lig op! Omdat die kommandant so vroeg die huis uit gegaan het, het hy die Heer sien loop en het hy Hom gevolg! Een van sy dienare sal wel weet in welke rigting hy van sy huis vertrek het. Laat ons daarheen gaan, en ons sal `n goeie berig kry!”

13. Na hierdie woorde van Jakobus staan almal op en gaan na die huis van die kommandant; daar tref hulle baie gou die waghoudende dienaar aan, wat hulle vertel in welke rigting hy My en daarna ook die kommandant sien gaan het.

14. Toe die leerlinge, en saam met hulle ook die herbergier, dit verneem, gaan hulle onmiddellik in dieselfde rigting voort en kom weldra op die plek buite die stad, waar Ek My saam met die kommandant bevind.

15. Maar omdat Ek en die kommandant op `n blok basalt sit, waarvan die agterwand ons verberg, ontdek die soekendes ons nie so vinnig nie.

16. Jakobus sê: “Laat ons hierdie klipagtige hoogte maar opklim, want van daar af sal ons verseker ver kan sien en die Heer seker êrens sien wandel!”

17. Toe klim almal omhoog en heeltemal bokant gekom, sien hulle My en die kommandant ook baie gou.

18. Almal was bly dat hulle My gevind het; slegs Simon Juda loop na My toe en sê met `n vriendelike gesig: “Maar Heer en Majesteit, kyk, ons was angstig en bedroef, omdat ons nie geweet het waar U hierdie oggend heengegaan het nie! As U ons maar iets daaroor sou gesê het, sou ons soos altyd dadelik saam met U gegaan het en ons onsself geen sorg om U hoef te gemaak het nie. Ons vra U om dit nie meer in hierdie vreemde omgewing aan ons te doen nie; maar as U volgens U wysheid êrens alleen wil heengaan, sê ons dat ons alleen moet bly; ons sal verseker nooit teen U heilige wil ingaan nie! Want kyk, ons het U bo alles lief, en daarom word ons ongerus as ons ook maar enkele oomblikke nie weet waar U is en wat U doen nie!”

19. Ek sê: Nou, nou, Ek sou dit wel vir julle gesê het, as Ek dit nie vooraf geweet het dat julle My sou soek en sekerlik sou vind nie! Bowendien het dit geeneen van julle kwaad gedoen dat Ek julle liefde vir My opnuut weer sterker gemaak het nie. Maar Ek het met hierdie nuwe vriend alleen iets te bespreek gehad en het dus ook alleen hierheen gewandel.

20. Hierdie stad en haar omgewing sal in die tyd van die groot verdeemoediging van Jerusalem `n toevlugsoord word vir hulle wat in My glo, soos wat Ek julle al aangedui het, en daarom moet hier deur hierdie vriend, wat oor baie heidene gebied, nou al `n goeie basis gelê word vir `n stewige gemeente in My Naam. En hiermee weet julle nou ook waarom Ek met die kommandant alleen wil wees.

21. Maar as My afwesigheid van slegs enkele oomblikke julle al so ongerus gemaak het, wat sal julle doen as Ek julle met My liggaam vir `n langer tyd sal verlaat?”

22. Simon Juda sê weer: “Heer en Majesteit, ons weet goed wat U ons daarmee wil sê! As dit volgens U raadsbesluit so moet wees sal ons U afwesigheid, wat baie bedroewend vir ons sal wees, wel verdra in die hoop dat al die ander wat U ons daaroor onthul het, ook vas en seker in vervulling sal gaan. Maar dat nie een van ons die tyd nader wens nie, dit lees U self in ons harte! Maar alleen U wil geskied altyd!”

Hoofstuk 41 Mobiele weergawe Kommentaar