Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 42 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10

Nou sê die kommandant, vir wie Ek ook netnou vertel het wat My binnekort in Jerusalem sou oorkom, en dat hy hom nie daaraan moes steur as hy daarvan sou hoor nie: “Vriende, ook ek weet nou wat julle harte treurig stem! Maar as dit die enigste middel is om die halsstarrigheid van baie ongelowiges in Jerusalem te breek en hulle siende en gelowig te maak, kan ek nie anders as ons Heer en Majesteit en God des te meer te loof, te prys en lief te hê nie; want so-iets kan alleen die hoogste en suiwerste liefde van God hom deur haar skepsels laat welgeval - ons menslike liefde sou dit nooit kan doen nie. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 10, Hoofstuk 42, Paragraaf 1

Hoofstuk 42 Mobiele weergawe Kommentaar