Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 2

Hoofstuk 1

1. Laat die’ aand kom die skatte uit die grot van Kisjonah aan, bestaande uit goud, silwer en ‘n swaar massa van geslypte en ongeslypte edelgesteentes van groot waarde; want daar was by die drie pond geslypte en by die sewe pond ongeslypte diamante, dieselfde verhouding robyne, dieselfde hoeveelheid smaragde, hiasinte, saffiere, topase en ametiste en by die vier pond ertjie grootte pêrels. En daar was oor die twintig duisend pond goud en vyf keer soveel silwer.

2. Toe Faustus hierdie horribile rykdom in oënskou neem, slaan hy sy hande bokant sy kop bymekaar en sê: “O Here! As ‘n seun van een van die rykste Patrisiërs van die hele Rome het ek tog ook die geleentheid gehad om groot skatte van hierdie aarde te siene te kry; maar so iets het my oë nog nie gesien nie! Dit gaan bo al die faraos en bo al die fabels van Krösus, wat ten slotte van al die rykdom nie meer geweet het hoe om homself te help nie en in alle erns ‘n paleis van goud vir hom sou laat bou het, indien sy oorwinnaar nie die baie goud van hom af sou weggevat het nie.

3. Nou sê Jy, o Heer, aan wie alle dinge bekend is, vir my arme sondaar, hoe dit moontlik is dat hierdie twaalf knegte van die Satan sulke skatte kon bymekaar gemaak het! Op ‘n net enigsins eerlike manier kan dit nooit moontlik wees nie, en binne ‘n kort tyd ook nie! - Hoe kan so iets moontlik wees?”

4. Sê Ek: “Vriend, moet jou nie meer daaroor bekommer nie! Dit is waarlik nie meer die moeite werd, om ter wille van hierdie drek van die Satan enige woorde daaroor te verloor nie. Dat daarby geen eerlike duit teenwoordig is nie, kan jy ten volle verseker van wees. Die duisende mees skandalige skelmstreke wat daardie addergebroedsel en slangbroeisel gebruik het om dit alles bymekaar te roof, sou te lank neem om alles punt vir punt te verduidelik.

5. Dat daardie skelms van die mees deurtrapte soort is, sal hopelik geen twyfel by jou bestaan nie; maar hoe hulle so te sê meer as net skelms is, hoef geen mens te weet nie. Hulle het volgens die wet van Rome lankal die tienvoudige doodstraf verdien, bloot net op grond van die roof van die keiser se belastingkaravaan; en daardie roof wat ons nou in onmeetbare skatte voor ons het, is om geen haar beter, alhoewel nie juis so openlik rakende die keiserlike belastinggelde nie.

6. Indien jy ook alles sou weet, dan kan jy hulle tog onmoontlik meer as net eenmaal laat dood maak nie. Jy kan wel die marteling verskerp, maar waarvoor? As die marteling van die ergste soort is - om in terme van julle hoftaal te praat -, dan is dit ook vinniger dodelik van aard, en wanneer die marteling minder straf is, nou, dan voel die gevangene ook nie veel meer daarvan soos jy wat deur ‘n vlieg gepla word; want die siel, al is sy hoe materieel, wat vir die dood van haar liggaam buite alle mate bang is, onttrek binnekort na die binnenste kamers en begin vrywillig om haar van haar liggaam, waarin sy dit nie meer kan uithou nie, los te maak en die liggaam word by sulke geleenthede heeltemal ongevoelig. Jy kan dan sodanige liggaam martel nes jy wil, en hy sal baie min of selfs niks daarvan voel nie. Maar as jy die liggaam van die siel oombliklik in groot pyn plaas, dan sal die siel dit nie lank kan uithou nie en onmiddelik ‘n geweldig skeuring veroorsaak, en jy kan dan die heeltemal dooie liggaam kook en braai soos jy wil, en hy sal van die’ straf niks meer voel nie.

7. Ek is derhalwe nie vir die doodstraf te vind nie, omdat dit nóg vir die ter dood veroordeelde van enige belang is nie, en nog minder vir enige geregtigheid as skild en voordeel dienlik kan wees nie; want jy het een doodgemaak, - en duisende het vir jou derhalwe wraak gesweer! Maar om ‘n misdadiger onder die skerpste tugstok te plaas en dit nie eerder laat rus nie totdat daar ‘n groot verbetering plaasgevind het nie, is Ek vanuit ‘n noodsaaklike goddelike orde ten gunste van! ‘n Tugstok wat op die regte tyd heeltemal geregverdig aangewend word, is beter as geld en die reinste goud; want deur die tugstok word die siel van haar materie meer en meer losgeslaan en sal sy haar uiteindelik aan haar gees wend. En as die tugstok dit bewerkstellig het, dan het sy ‘n siel van die ondergang bewaar en derhalwe die hele mens van die ewige dood gered.

8. Daarom moet ook elke regter volgens die orde van God die grootste misdadiger nie met die dood van die liggaam straf nie, wat van geen nut is nie, maar altyd met die rotting straf volgens die graad van die oortreding. As hy dit doen dan is hy ‘n regter vir die mens vir die hemel, maar as hy dit nie doen nie, - ‘n regter vir die hel, waarvoor hy van God waarlik nie ‘n beloning sal ontvang nie! - Nou weet jy genoeg, en laat die skatte stoor! Môre sal ook die’ van Chorazin arriveer, en daar sal onmiddelik met die verdeling en afstuur van al hierdie duiwelsdrek voortgegaan word. - Maar laat ons nou na die eetsaal toe gaan; want die aandete wag reeds op ons! Waarlik, hierdie hele storie is vir My reeds meer as lastig, en My tyd druk vir My om na Nasaret toe te gaan!”

9. Sê Faustus: “Here, dat hierdie afskuwelike storie vir Jou uitermate onaangenaam moet wees, is vir my net te duidelik; maar wat kan jy doen as die saak eers eenmaal hierdie verloop geneem het? In elk geval wil Ek vir Jou my Heer en my grootste en beste vriend versoek, dat Jy nie eerder hiervandaan sal vertrek as ek nie; want sonder Jou vermag ek eerstens niks nie en tweedens sou sonder Jou die verskriklike verveeldheid, ten spyte van my liewe vrou, hier vir my doodmaak! Daarom smeek ek vir Jou, dat Jy nie eerder hierdie plek moet verlaat, totdat ek met hierdie mees lastige storie sal klaar wees nie! Met Jou hulp sal hopelik teen môre middag alles in orde wees!”

10. Sê Ek: “Heeltemal in orde! Maar Ek wil van al die skatte en die elf fariseërs niks meer sien nie; want ek gril daarvoor meer as vir enige stukkie aas.”

11. Sê Faustus: “Daarvoor sal gesorg wees!”

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar