Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 112 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 2

Hoofstuk 112

1. Toe ons in die huis ingaan, wou die kinders ook in My geselskap bly.

2. Maar Ebahl het streng huisreëls gehad en vir hulle daaroor berispe, veral die meisies en die twee vrouens, en het gesê: “Julle het nou genoeg gesien, ervaar en gehoor; behou dit en doen daarvolgens, dan sal julle nie sonder seën bly nie, soos wat die Here dit Self buite die meer verkondig het. - Maar nou gaan voort met julle werk!”

3. Die meisies en die twee moeders maak met ‘n weemoedige hart verskoning en gaan na hulle kamers, waarvan Ebahl baie in sy huis gehad het; want dit was sekerlik die grootste huis in Genesaret.

4. Maar Ek het daarop vir Ebahl gesê: “Vriend, waarom jaag jy hulle weg? Sien, dit is wel reg om streng huisreëls by die kinders te handhaaf en dit is baie prysenswaardig om die meisies voor die wêreld te bewaar; maar sien, hier, waar Ek is, is geen gevaar dreigende wêreld nie, maar alles net ‘n seënvolle hemel, en dit moet jy nie vir jou kinders misgun nie!”

5. Toe Ebahl dit van My verneem, het hy gesê: “O, as hulle net nie vir Jou lastig word nie, sal ek hulle onmiddelik weer hiernatoe laat bring! Maar my kinders klets en verkyk hulle graag, en dan sal ek hulle wegstuur, sodat hulle nie vir Jou kan lastig word nie.”

6. Sê Ek: “Behalwe vir die groot boosheid van die mens, wat is daar op die aarde wat vir My kon lastig wees? - Gaan en bring hulle almal weer hiernatoe!”

7. Ebahl het gegaan en het hulle almal weer na My toe gebring, en die jongste meisie het sommer by My kom sit en het vir My geliefkoos en hartlik geterg.

8. Maar Ebahl het haar daaroor vermaan en het vir haar gesê dat sy stout is.

9. Maar Ek het vir hom gesê: “Vriend, laat dit haar toe; want sy het reeds vir haar die allerbeste deel uitgesoek! Ek sê dit vir jou en julle almal: Wie nie soos hierdie maagd na My toe kom nie, die sal nie die weg na die ryk van God vind nie! Sy het hom reeds gevind! Met liefde, naamlik met vurige liefde, moet julle na My toe kom, indien julle die ewige lewe wil oes!

10. Hierdie maagd bewys dit met die daad wat sy in die hart voel; maar julle maak slim praatjies en hou julle harte koel! Kom julle nog nie agter, wie Ek kon wees en ook werklik is nie?”

11. Hier val almal voor My neer, en Ebahl gryp My voete en bedek hulle met soene en sê na ‘n rukkie van eerbiedige verwarring: “Here! Ek het dit reeds lankal gevoel, maar ek het net nie die moed daarvoor gehad nie!”

12. Sê Ek: “Nou, moet nie die maagd straf nie, wat vir julle almal die moed gegee het, om saam met My op die water te loop! Hier het sy weer vir julle die moed gegee, om vir My lief te wees! O, daarom is Ek ook baie lief vir hierdie maagd! Sy het reeds, wat julle nog moet soek en nie binnekort maklik sal vind nie! Streef na die ware, lewendige liefde vir God en die naaste, dan sal julle genade en seën in oorvloed hê!”

13. Sê die kaptein: “Here, behalwe vir my vrou en my etlike kinders wat hulle in Rome bevind, het ek nog nooit vir iemand liefde gevoel nie, maar het altyd redelik volgens reg en billikheid gehandel. Ek het nog nooit die wet volgens sy skerpkant gehandhaaf nie, maar altyd volgens mildheid en het altyd daarmee reggekom. Maar nou voel ek, dat ‘n mens die mens moet liefhê en uit liefde goeddoen aan hulle, dit beteken: ‘n Mens kan dit selfs so wil hê, om vir die mens volgens krag en vermoë dit te gee, wat jy teenoor jouself as reg en noodsaaklik beskou, - en dit is liefde vir die naaste.

14. Nou, indien jy vir die naaste lief is, dan is jy mos ook reeds lief vir God; maar as ‘n mens by die liefde vir God daaraan dink, dat God Self die eerste en mees volmaakte liefde moet wees, waarvolgens Hy alleenlik die fisiese en geesteswêreld geskep het, dan moet daardie helder gedagte mos noodwendig die hoogste liefde vir God die Skepper in die geskape mens wakker maak, en die mens kan dan mos nie meer anders, om God, as die mees liefdevolste Skepper van alle dinge, bo alles en met alle kragte wat vir hom verlewendig, lief te hê nie.

15. Nadat ek nou na alles wat ek van Jou die afgelope twee dae gesien en gehoor het, sonder alle twyfel aanneem, dat Jy hetsy die Oerskepper Self of dan verseker Sy Seun van ewigheid af is en vir Jouself hier op aarde in ons vorm kom wys en vir ons leer om God en vir Jou te erken, dan is dit mos noodwendig die gevolg, dat ek Jou ook bo alles moet liefhê. Al het ek nie die moed, om vir Jou so te liefkoos soos daardie waarlik uiters teer maagd nie, omhels Ek Jou nogtans in die hart en prys Jou bo alles! En ek meen, dat dit ook reg is.”

16. Sê Ek: “Dit is heeltemal reg so; maar dit sou beter wees, indien die liefde so sou wees soos by hierdie maagd! - Kyk net, gloei sy dan nie feitlik van liefde vir My nie!”

Hoofstuk 112 Mobiele weergawe Kommentaar