Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 123 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 3

Helena sê, in plaas van opgewek en vrolik, heel weemoedig: "O liewe Mathael, sover sal die arme Helena dit nooit bring nie! Dit lyk wel of die hart van die Almagtige sonder meer in die hart van die meisie sit, want so `n ervaring in die sfeer van die mees innerlike lewe met God kan `n mens maar net uit die mond van die Skepper Self verneem! En dan is dit heel verstaanbaar dat sy die engel nie so hoog aanslaan nie, want wat egte wysheid betref is hulle so gelyk aan mekaar soos die een oog aan die ander. Dit ly geen twyfel nie dat die engel deur die Here `n oneindige mag en krag besit, maar of hy uit liefde tot die Here meer wysheid het as die meisie, wil ek sterk betwyfel. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 3, Hoofstuk 123, Paragraaf 12

Hoofstuk 123 Mobiele weergawe Kommentaar