Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 123 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 3

4. 'O Jy my heilige Vader in die hemele! Jou Naam sal geheilig word! Laat Jou Vaderliefde kom na ons arme dooie en nagvolle sondaars! Jou enig heilige wil geskied hier op hierdie Jou aarde soos in al Jou hemele! As ons teen Jou ewige, heilige orde gesondig het, vergeef ons dan die dwaasheid en wees geduldig en toegewend met ons, soos ook ons met diegene geduld en begrip toon wat ons op die een of ander wyse onreg aangedoen het! Moet dit tog net nie toelaat dat ons in ons liggaamlike swakheid enigsins bo ons vermoë deur die wêreld en deur die duiwel versoek word nie, maar verlos Jy ons deur Jou groot genade, liefde en barmhartigheid van die duisendvoudige soorte kwaad waardeur ons liefde tot Jou, o heilige, groot, goeie Vader, vertroebel en verswak sou kan word! Maar as ons honger en dorstig is, sowel geestelik as liggaamlik, dan gee Jy, goeie, liewe Vader, vir ons wat ons volgens Jou heilige goeddunke daagliks nodig het! Aan Jou al my liefde, alle eer en alle lof vir ewig en ewig! {mt.06,09-13; lk.11,02-04; mk.11,25-26: jl.ev10.032,06**; jl.ev08.092,05-06*; jl.him1.293,08-294,17*; jl.ev11.338-339; jl.him2.160-168; jl.ev03.123,04; jl.ev01.076,02; jl.ev01.155,16-17; jl.ev08.140,04-08; jl.ev09.210,03; jl.rbl2.248,14; jl.bmar.179,01-03; LGeh.104; jl.KenZ.152; VatB.160}

5. Kyk, dit noem ek bid. ‘n Gebed het slegs dan enige waarde voor God indien daar vooraf in die diepste diepte van die hart op die hiervoor beskrewe wyse, die liefde tot God in helder en vurige vlamme oorgaan deur die eenwording van alle gedagtes en gevoelens in die goddelike sentrum van die hart. As hierdie voorbereiding ontbreek, is elke gebed van nog sulke mooi woorde voor God `n gruwel en sal nie aangesien en nie aangehoor word nie.

Hoofstuk 123 Mobiele weergawe Kommentaar