Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 211 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 5

8. Hier het julle `n koringkorrel. Lê hom in die aarde! Hy sal verrot en as dit wat hy nou is, onmiskenbaar vergaan; maar uit die ontbinding sal julle `n halm sien groei en daarbo sal `n aar ontwikkel, voorsien van `n honderd korrels. Maar wie van julle sien nou die krag in hierdie korrel wat egter tog daarin moet sit, omdat daar andersins uit hierdie een korrel nie `n aar met honderd korrels van dieselfde soort sou kon voortkom nie?

9. En nou het ons 100 korrels wat ons ook in die aarde gaan lê! Hieruit kry ons dan al 100 are, elk met 100 korrels, dus alles bymekaar 10.000 korrels. En sien, die 10.000 korrels, die 100 halms en are, moet ook al geestelik in die een korrel aanwesig gewees het, soos wat hierdie korrel self al inbegrepe moes gewees het in die een korrel wat as eerste uit God se hand in `n vrugbare voor van hierdie aarde geval het, omdat `n mens hom andersins nie kan voorstel dat voortplanting moontlik kan wees nie. Julle het hier opnuut `n bewys van hoe iets selfs oneindig en ewig in één so `n korrel aanwesig is.

Hoofstuk 211 Mobiele weergawe Kommentaar