Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

14. Oor sy genesing sou hulle (DIE JUDEËRS) nie soveel gesê het nie, maar dat hy op die Sabbat sy bed gedra het, was vir hulle wel `n groot misstap en hulle sê: “Dit is vandag Sabbat en dan is dit nie gepas om `n bed te dra nie!” (Johannes 5:10; Ex. 20:10; Jer. 17:21-22)

15. Hy (DIE GENEESDE MAN) het egter geantwoord: “Luister! Hy wat my gesond gemaak het, het ook aan my gesê: “Neem jou bed op en gaan heen!” (Johannes 5:11) Iemand wat so `n mag het en so `n weldaad aan my bewys het, het ek ook op hierdie Sabbat gehoorsaam! Want `n volle agt-en-dertig jaar lank het niemand so `n weldaad aan my bewys as hierdie man nie! Waarom sou ek Hom dan ook nie op die Sabbat gehoorsaam nie?!”

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar