Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 218 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

(Die Romein:) 'Kyk, die siel as geestelike substansie, is heeltemal mens, sowel wat betref gedaante asook wat betref alle ledemate en bestanddele van die liggaam! En as dit nie so sou gewees het nie, kon sy ook nie van haar liggaam so volmaak moontlik gebruik gemaak het nie. Die hande van die siel bevind haar in die hande van die liggaam, haar voete in die voete van die liggaam, en so verder alle dele van die siel in die ooreenkomstige deel van die liggaam. Word die liggaam êrens siek, dan is die siel ook in die siek liggaamsdele aanwesig en span haar baie in om dit weer gesond te maak. Slaag sy nie, dan word sy daarin passief en die gevolg daarvan is dat so `n liggaamsdeel heeltemal verlam, bykans gevoelloos en dus onaktief skyn te word. Dit is `n goeie en korrekte leer van alle ou en ook nuwe sielkundiges. Maar nou vra jy jou af hoe die geleerdes agter die geheim gekom het. Die vraag is baie maklik te beantwoord. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 218, Paragraaf 1

Hoofstuk 218 Mobiele weergawe Kommentaar