Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 219 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

12. Uit die ware voorval kan ook weer dadelik tot die slotsom gekom word dat die siel, in die eerste plek die hele liggaam deurdring en geen ledemaat verloor nie, ook al word die liggaam heeltemal vermink, en ten tweede dat die siel self onsterflik is en na die liggaamlike dood verder bly lewe en haar verder ontwikkel.

13. Ek glo dat ek julle vraag nou heeltemal ordelik beantwoord het. Ek sal julle nog wel `n aantal sulke feite uit die ou tye en van alles oor ons bekende volke kon vertel; maar dit sou die waarheid van my antwoord nie vergroot nie. En dus het ek ook hierdie vraag heeltemal volledig beantwoord en kan julle my nou wel die vyfde vraag stel! Wat dink julle daarvan?'

14. Die Skrifgeleerde sê: 'Dat jy hierdie vierde vraag buitengewoon goed beantwoord het, moet ons almal toegee. Maar ons gee ook toe dat ons jou geen vrae meer kan stel nie; want jy is `n uitermatige geleerde man met baie ervaring, by wie ons almal in die leer sou kon gaan. Wat moet of kan ons jou nog verder vra?! Ons sal jou die honderd pond goud betaal en daarmee hou die saak op.'

Hoofstuk 219 Mobiele weergawe Kommentaar