Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 219 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

18. Die Romein sê: 'Hierdie verontskuldiging van julle is so waardeloos en so leeg soos `n uitgeblase eier en bevat nie die minste rede om julle van die aanneem van die waarheid af te kan hou nie. Want noudat julle weet en wel moet erken wie hierdie Elohimmens is, kan julle tog onmoontlik vra wat julle sal eet, waarmee julle julleself sal klee en waar julle sal woon. As die hoogste Gees van God in Hom woon, wat hemel en aarde geskape het en alles onderhou en bestuur, en as elke asemhaling en elke polsslag slegs van Hom afhang, dan sal Hy ook wel diegene wat in Hom glo en Hom liefhet alles gee wat hulle vir hulle liggaamlike lewensonderhoud nodig sal hê.

19. Kyk eens al na hierdie mense hier! Hulle eet en drink en is goed gekleed. Ook al het hulle hulle klere al vroeër gehad, dan tog nie die voedsel wat hulle nou hier gebruik nie. Ook drink julle nou wyn wat nog nooit voorheen in `n sak was nie, en eet brood wat nog nooit in `n bakkersoond was nie. As julle nou net soos ons Romeine daarvan oortuig moet wees, hoe kan julle julleself dan met sulke waardelose redenasies verontskuldig?

20. Maar wat het julle uiteindelik aan julle teenswoordige funksie en liggaamlike versorging? Sal dit julle verseker van die ewige lewe? Wie sal eendag julle siele versorg as julle Hom die rug toekeer wat alleen dit kan doen, soos wat Hy julle Self vanmôre in die tempel duidelik genoeg gesê het dat hulle wat in Hom glo, die dood in ewigheid nie sal sien, voel en proe nie?! As julle nou volgens julle siening erken dat Hy die groot Beloofde Een is, bestaan daar tog vir julle en vir glad geen iemand `n geldige rede om nie openlik voor alle mense in Hom te glo en volgens Sy leer te lewe nie. - Het ek gelyk of nie?'

Hoofstuk 219 Mobiele weergawe Kommentaar