Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 222 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Dit hoor die Romeine ook, en ons Agricola kom van sy tafel af na My toe en sê: 'Heer en Leraar, ook van hierdie onderrig het ek alles gehoor en dit doen my baie genoeë dat U ons ook oor dergelike dinge inlig! Kyk, ons is gewoond om vir die misdadigers in die kerkers rivier seekreef te ete te gee! Hierdie diere word, wanneer hulle gevang kan word, in soutwater, waarby tiemie toegevoeg is, gekook. Wanneer hulle rooi word, is hulle voldoende gekook. As hulle so voorberei is, gee mens hulle vir die gevangenes om te eet. In die begin word hulle, soos wat mens weet, slegs deur erge honger genoodsaak om die voedsel te eet; maar na verloop van tyd smaak hierdie kos vir hulle baie goed, en hulle word tewens kerngesond, sien by die dag beter daaruit, en elkeen verheug hom uiteindelik oor die krewe. Hulle wat hulle straftyd agter die rug het, eet ook later bykans niks anders as kreef nie, as hulle dit tenminste kan kry. - Hoe vind U ons kos? Sou dit raadsaam wees as ander mense dit ook wil eet?' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 222, Paragraaf 3

Hoofstuk 222 Mobiele weergawe Kommentaar