Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 224 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

As daar maar net één keer iemand kon gekom het - natuurlik wel op `n manier dat `n mens hom sou kon herken as die een wat hy liggaamlik op aarde was, dan sou dit die geloof bevestig het, en die mense sou dan ook beslis volgens sy leer gelewe het. Maar vir sover ons weet, het dit nog nooit voorgekom nie, en daarom is dit ook baie natuurlik dat die mense wantrouig en ongelowig word. Dat die tempel tans en al baie lank gelede bykans heeltemal anti-messias geword het, vind sy oorsaak vernaamlik in dit wat ek gesê het, en kom ook omdat die Sadduseërs, wat van ons afgeskei het, baie openlik nie meer aan die onsterflikheid van die siel glo nie. En wie kan hulle streng genome en redelikerwys ongelyk gee? En daarom is die tempeldienaars dan eintlik nie heeltemal alleen skuldig aan die slegtigheid wat nou in die tempel heers nie, maar hulle kan steeds maar nie bewys lewer van die lewe na die liggaamlike dood nie. As die sterk en oortuigende bewyse ontbreek daarvoor, dan verdwyn die geloof in `n God ook vanself; en ook al glo `n mens nog aan die bestaan van God, dan het mens tog geen regte agting en liefde vir Hom nie en beskou `n mens die gebod wat Hy aan die mense gegee het, as `n menslike bedenksel wat binne `n bepaalde tydperk en vir die menslike lewensverhoudinge wat in daardie tyd gegeld het, baie goed kon gewees het, maar vir die teenswoordige tyd nouliks meer te gebruik is. Dit sê ek nie om ons en die tempel uiteindelik goed te wil praat nie; maar dit is tog geen onwaarheid dat dit so was en nou nog ook so is nie. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 224, Paragraaf 10

Hoofstuk 224 Mobiele weergawe Kommentaar