Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 224 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

2. Maar na `n oomblik beheers die Fariseër hom weer en sê: 'Maar Heer en Leraar, wat U nou vir ons daar gesê het, weet ons al lankal! Dat ons nie anders kan optree nie, sal U ook goed kan verstaan! Dit alles en nog meer kon U ons vertel het, sonder dat ons onsself daaroor druk sou gemaak het, - maar dan wel op `n ander manier! Maar U vertel dit alles asof ons self die laaste boeke van Moses verwerp het, - en asof ons die profete sou gestenig het! As U Self ook liggaamlik persoonlik by ons was, dan sou dit nooit so ver gekom het nie; nou het U skielik gekom en nou is ook alles dan heeltemal foutief, - en dit kan ons tog nie alles van vandag tot môre verander nie! Wat kan ons sewe teen vyfduisend soortgenote doen?!

3. Ons sal self voortaan nie baie in die tempel te doen hê nie; maar dit is dan ook nie net ons skuld dat die dinge daar so sleg staan nie. Sê vir ons, wat kan ons dan ten voorskrifte van die tempel anders doen as om hom op `n goeie manier die rug toe te keer? Want as ons môre begin om oor U ware en goeie saak te praat, dan word ons môre gestenig, en daardeur sou U saak niks gewen het nie; - as ons egter, soos wat die Romein voorgestel het, onder een of ander voorwendsel Jerusalem en sy valse leer vir altyd die rug toekeer, dan glo ek dat ons, deur U leer aan te neem, alles gedoen het wat ons in ons huidige toestand as swak sterflike mense maar kon gedoen het, en meer kan U, selfs as God, nie van ons verlang nie! Gee ons U almagtige wil, dan sal ons gou met die tempel afreken! Maar dat U, vir ons, terwyl ons in U wil glo, onbeskryflik sleg, vals en boosaardig noem, vind ek in elke geval nie baie prysenswaardig nie!'

Hoofstuk 224 Mobiele weergawe Kommentaar