Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 225 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Kyk, om rekening te hou met die vrye wil van die mens van hierdie aarde gaan God selfs sover dat Hy nie eers altyd toesien op wat een of ook meer mense dink, wil en doen nie. Slegs wanneer hulle te ver van God afgewyk het, sien God na hulle om en verwek weer sieners, leraars en profete, om die mense weer die wil van God en sy planne met hulle opnuut mee te deel. Hou die mense rekening daarmee, dan gaan dit weer heeltemal goed; hou hulle hulleself egter nie daarby nie, en bespot en vervolg hulle die sieners, leraars en profete, wat deur God vir hulle opgewek is, dan word God gedwing om `n uiterlike strafoordeel oor die mense, en dikwels oor `n hele volk te laat kom. Maar selfs so `n oordeel gaan nooit direk vanaf die almagtige wil van God uit nie, maar kom altyd deur die blinde en boosaardige verkeerdheid van die mense. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 225, Paragraaf 8

Hoofstuk 225 Mobiele weergawe Kommentaar