Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 226 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Want as God dit nie in die plante en diere sou gelê het nie, dan sou julle binne `n kort tydjie geen brood meer gehad het en geen vleis en geen melk, geen wyn en geen vrugte nie; maar omdat `n koringkorrel, as hy in die aarde gelê word, honderdvoudige vrug gee, het julle steeds brood genoeg en eweneens al die ander. As God dus steeds in alles oneindige dinge skep volgens Sy Allerhoogste Wysheid en eindelose Mag, kan iemand dan sê dat die ewige en eindelose skepping uit God iets nutteloos is? Julle eie alledaagse lewensbehoeftes leer julle al die suiwer teendeel, omdat julle nie sonder voedsel sou kon bestaan nie! - Verstaan jy nou, waarom God voortdurend so eindeloos baie skep?' – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 226, Paragraaf 5

Hoofstuk 226 Mobiele weergawe Kommentaar