Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 229 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Petrus sê: 'Toe U aan die Jordaan Uself deur Johannes laat doop het, het die hemele geopen, en die Gees van God het in die vorm van `n vurige duif bo U hoof gesweef, en uit die hemele het mense `n helder stem gehoor wat die volgende woorde uitgespreek het: 'Dit is My geliefde Seun in Wie Ek `n welbehae het, na Hom moet julle luister!' En ook by `n ander geleentheid het ek presies dieselfde woorde gehoor, waaroor ons eintlik tot op hede U nog nie so presies om nadere uitleg gevra het nie. Maar omdat U nou Self vir ons almal God nog duideliker wil laat ken, glo ek dat dit nou ook die oomblik sou wees om dit vir ons beter uit te lê, natuurlik as dit volgens U goddelike wil is. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6, Hoofstuk 229, Paragraaf 1

Hoofstuk 229 Mobiele weergawe Kommentaar