Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 230 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

4. Ek as Seun, is die Lig en die Wysheid, wat voortkom uit die Vuur van die Ewige Liefde. Die kragtige Lig is die ewige, volmaaktste selfbewussyn en die helderste selfkennis van God en die ewige Woord in God, waardeur alles wat bestaan, gemaak is.

5. Omdat dit alles meer eg gemaak moet word, is die magtige Wil van God nodig, en dit is dan die Heilige Gees in God, waardeur die werke en wesens hulle volledige bestaan kry. Die Heilige Gees is die groot uitgesproke woord 'EK IS!' - en dan is dit daar, wat die Liefde en die Wysheid in God ingesluit het.

6. En kyk, dit alles bevind Hulleself nou in My: Die Liefde, die Wysheid en alle Mag! En daarom is daar maar één God, en dit is Ek, en Ek het maar net hier `n liggaam aangeneem om My aan julle mense van hierdie aarde, wat Ek volkome na My ewebeeld geskape het, uit die oersubstansie van My Liefde, in julle indiwidualiteit van naderby te kan openbaar, - soos wat dit juis nou die geval is.

Hoofstuk 230 Mobiele weergawe Kommentaar